Trou

Die komediant Mel die Storieverteller en die sangeres Corlea Botha span kragte saam in ’n vertoning vol humor, hart en musiek by Aardklop. Die tema is universeel: troues – dié broeiplek van familie-skandale, ongewone tradisies en soms twyfelagtige dekorbesluite. Met humoristiese staaltjies uit Mel se eie trou- en wittebroodalbum en Corlea met haar indrukwekkende stem wat geliefde bruilofsliedjies sing, word hierdie ’n viering van alles wat troues onvergeetlik maak. Dié twee vroue draai nie doekies om nie – van gastelyste en spanks tot of geld regtig styl kan koop. Moet net nie ’n saamsingliedjie soos “Tant Koek se hoenderhaan” verwag nie. Die gehoor kan wel uitsien na lekker lag, ’n verrassing of twee en heerlike samesyn. Bring jou humorsin en luister sommer onderweg na die Grease-keurspel – want hierdie vertoning gaan beslis jou nuwe gunsteling trou-“herinnering” word. 

Met: Mel die Storieverteller en Corlea Botha
Teks en regie: Mel die Storieverteller
Musiekregie: Corlea Botha
Verhoogbestuurder: Ronald Welgemoed
Ander bydrae: The Man Who Bakes (troukoek-rekwisiet) 

Laerskool Mooirivier

Komedie en Musiekteater
Afrikaans
Gesin
70 min.

10 Okt. 19:30
11 Okt. 13:30

R200, R180 (Hartsvriende)

Scroll to Top