In hierdie werkswinkel stel The Printing Girls deelnemers bekend aan die tegniek van linodruk, ’n vorm van reliëfdruk. In die drie uur lange werkswinkel word die tegniek verduidelik aan die hand van voorbeelde en deur die proses te demonstreer. Deelnemers sal kan kies uit ’n verskeidenheid bestaande ontwerpe en hul gekose ontwerp in ’n stuk linoleum sny. Dié ontwerp word gedruk op duursame katoenpapier, sowel as op ’n drasak (tote bag). Jy sal uitstap met omvattende kennis oor hoe om ’n linodruk te skep en hoe om dit op papier én materiaal te druk.
Die werkswinkel is beskikbaar in twee opsies:
Opsie 1 (speel) gee deelnemers die geleentheid om die tegniek te leer en te gebruik. Jy verlaat die werkswinkel met drie finale linodrukwerke, asook ’n handgedrukte drasak met jou gekose ontwerp.
Opsie 2 (meester) bied dieselfde leerervaring, maar deelnemers ontvang ook hul eie linodrukstel, benewens die drie finale linodrukwerke en die handgedrukte drasak met die gekose ontwerp.
Met: The Printing Girls
Snowflake
Visuele kuns
Geen o.16 (tegniese vaardigheid nodig)
240 min.
11 Okt. 11:00-16:00
R800 (Speel), R1350 (Meester)