Omgekeerd vra ’n oomblik van nadenking waarin ’n mens dinge vanuit ’n vars hoek kan bekyk. Dit sluit aan by Vice Versa, van die Latynse uitdrukking, met verwysing na die omgekeerde posisie. So kan kulturele of ekologiese weerbaarheid die ervaring van gemak en ongemak oproep – elk as ’n omgekeerde spieëlbeeld van die ander.
Die verweefde verhouding tussen tegnologie en ekologie, tussen vooruitgang en onderdrukking lê in die historiese en biologiese geheue van vrees en verleiding, lief en leed. Ons almal verstaan die rolprentkuns waar aktiewe elemente ingespan word om ons voor die skerm vasgenael te hou. In hierdie spanningsvolle ruimte worstel jy met twee teenoorgestelde idees terwyl jy ’n balans probeer vind.
Die twee uitstallings bring ’n dinamiese groep kunstenaars byeen met ’n reeks eksperimentele werke, om die beginsel van fisieke of emosionele beweging metafories te ondersoek. Die uitstallings sal ’n variasie van nuwe en tradisionele media, installasie, rolprentkuns en AR (augmented reality) insluit.
Met: Gwenneth Miller
Snowflake
Visuele kuns
7-12 Okt. 09:00-17:00
Begeleide Toere:
9 Okt. 14:00-15:00
12 Okt. 11:00-11:30
Gratis