Met: Susan Coetzer
’n Halwe eier is beter as ’n leë dop, maar ’n dubbeldoor is nog veel beter. Kom kuier op ligte en gesellige noot saam met die skywer-aktrise Susan Coetzer waar sy nie net een nie, maar twéé nuwe boeke bekendstel. Vir die vlees is daar haar hoog aangeskrewe topverkoperroman, Haas en Harriët, en vir die gees, haar splinternuwe boek Super C, wat pas uit die drukkersoond is. Twee nuwe boeke met een klap – ’n Haas uit die hoed en ’n Super C vir die prys van een. Net wat die dokter voorgeskryf het om jou weer woema vir die lewe te gee en jou van ’n swaarmoedige Sannie in ’n Susan Super C te omtower.
Fiksie & Niefiksie, H&R & Lux Verbi
ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.
8 Okt. 09:00
Gratis