Aardklop Langtafel

Sluit by ons aan vir ’n buitengewone fynproewersgeleentheid onder die majestueuse plataanbome in die beroemde Lover’s Lane op die NWU se Potchefstroomkampus. Smul aan ’n vyfgangmaaltyd in ’n betowerende buitelugomgewing, wat bedien word saam met die voortreflike wyne van Hermanuspietersfontein. Beleef ’n middag van gesofistikeerde smake en uitstekende geselskap saam met ander wat, nes jy, goeie kos, uitmuntende wyn en gesellige samesyn waardeer. Kom sluit Aardklop 2025 op ’n sjarmante hoogtepunt af.

Alles van die eksklusiewe ervaring is by die kaartjieprys ingesluit.

NWU Potchefstroomkampus, Lover’s Lane

Leefstyl
OB
120 min.

12 Okt. 12:00

R900

Scroll to Top