Gesprekke 2024

Prontuit

In 2025 word Afrikaans amptelik ’n honderd jaar oud, maar die wortels van die taal is vir baie meer as ’n eeu te vinde aan die suidpunt van Afrika. Ons vier Afrikaans deur daarin te werk, debateer en leef. Ons kyk met nuwe oë na dié meesal geliefde, soms beneukte taal met ’n redelike ingewikkelde

Prontuit Read More »

Geroep vir meer

Hykie Berg – Geroep vir Meer (Inspirasie) Die bekende Kwêla-aanbieder, Hannes van Wyk, gesels met akteur Hykie Berg oor sy pad na ’n buitegewone lewe en sy praktiese riglyne vir sukses. Jy kan ook ’n uitstekende, bo-gemiddelde lewe lei – kom luister hoe! Gespreksleier: Hannes van Wyk ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60 minute 28 Sept. 12:00

Geroep vir meer Read More »

Om ’n skelm vas te trek

Graham Coetzer – Hunting with the Hawks (Aktueel) Die Valke, Suid-Afrika se elite-misdaadbestryders, het al talle van ons berugste misdadigers agter tralies geplaas. Lourensa Eckard gesels met joernalis en skrywer, Graham Coetzer, oor die geheimsinnige wêreld van hiérdie top polisie-eenheid. Gespreksleier: Lourensa Eckard ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60 minute 28 Sept. 10:30 Gratis

Om ’n skelm vas te trek Read More »

Lesse van ’n ikoon

Zelda la Grange – What Madiba taught me (Memoir) Zelda la Grange is immerbekend as die regterhand en vertroueling van die ontslape oudpresident Nelson Mandela. Die lesse wat sy by haar baas van byna 20 jaar geleer het, is eindeloos. Nadine Petrick vra haar uit oor als wat sy by Madiba wys geword het. Gespreksleier:

Lesse van ’n ikoon Read More »

Die perfekte misdaad

Christelle van Rooyen-Wessels (Wegkruiper) en Martin Steyn (Donker water) (Misdaadfiksie) Martin Steyn maak sy langverwagte terugkeer na die wêreld van krimis en Christelle van Rooyen-Wessels vermaak weer met haar nuutste boek. Krimiverslaafde en -kenner, Stefaans Coetzee vra hulle uit oor moord en doodslag, en of die perfekte misdaad gepleeg kan word. Gespreksleier: Stefaans Coetzee ATKV-Boeke-oase,

Die perfekte misdaad Read More »

Heksejag

Dibi Breytenbach – Heks (Fiksie) Hannes Barnard gaan op ’n heksejag wanneer hy Dibi Breytenbach se nuutste boek onder oë neem. In Heks leef die hoofkarakter in ’n sprokieswêreld saam met mitologiese karakters. Gaan die karakters uit hulle droomwêrelde wakker word? Gespreksleier: Hannes Barnard ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60 minute 27 Sept. 14:00 Gratis

Heksejag Read More »

’n Geheim in die Swartland

Riaan Grobler – Geheime op Philadelphia (Christelike roman) Riaan Grobler is nie nét ’n bekende radio-omroeper en sanger nie, maar deesdae ook ’n skrywer! Hierdie geestelike liefdesroman vertel op ’n hartroerende manier hoe moeilike omstandighede met liefde, aanpassing en vergifnis oorbrug kan word. Gespreksleier: Stefaans Coetzee ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60 minute 26 Sept. 14:00 Gratis

’n Geheim in die Swartland Read More »

Sewe Sondes

Dibi Breytenbach, Hannes Barnard, Didi Potgieter en Ferdie Swanepoel – Sewe Keer Sondig (Kortverhale) Stefaans Coetzee staan aan stuur van nóg ’n saamskryfprojek, waar etlike skrywerspare saamspan om die sewe doodsondes in kortverhale oop te skryf en kreatief in te span. Daar is talle onheilighede hier raak te lees – wellus, gierigheid, afguns… noem maar

Sewe Sondes Read More »

Geld soos die groottes

TJ Strydom – Koos Bekker‘s Billions en Johan Gouws – Your ultimate personal finance guide (Finansies) Hoe stel jy ’n werkbare finansiële plan op? Hoe vermy mens ’n finansiële katastrofe? Hoe op aarde maak ’n mens geld? Kom leer by ‘n paar groot kanonne wat weet nét hoe. Gespreksleier: Hannes Barnard ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60

Geld soos die groottes Read More »

Die lewe van ’n magnaat

Ebbe Dommisse – Anton Rupert (Biografie) Anton Rupert was nie net ’n ryk man en sakelegende nie, maar ’n entrepreneur en weldoener. Sy lewe gryp steeds die verbeelding aan en daarom is die boek weer deur Ebbe Dommisse opgedateer. Nadine Petrick vind meer uit oor dié ikoon. Gespreksleier: Nadine Petrick ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60 minute

Die lewe van ’n magnaat Read More »

Nogtans en ten spyte van

Ivor Swartz – Nogtans geloof) en Johnny Davids – Boytjie (Inspirasie) Hierdie twee manne, beide bekendes in hulle eie reg, tree in gesprek oor die verskillende kronkelpaaie wat hulle moes stap om by die lig uit te kom. Want ten spyte van terugslae, pakslae en ander krisisse, is daar nógtans vreugde. ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60

Nogtans en ten spyte van Read More »

’n Nuwe Vryheidsideaal

Willie Spies – Eie rigting (Politiek) Eierigting is ’n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande neem. Willie ondersoek ’n nuwe vryheidsideaal, 30 jaar na die verkiesing van 27 April 1994 en beskryf hoe eierigting regmatig deur instellings van die burgerlike samelewing plaasvind en namate leemtes vul wat die staat ooplaat.

’n Nuwe Vryheidsideaal Read More »

Ver reisend en verreikend

Zelda Bezuidenhout – Draaie, swaaie en afdwaalpaaie (Reisverhale) Corlia Fourie, een van die samestellers van hierdie heerlike kortverhaalbundel, gesels met Zelda Bezuidenhout oor die verhale. Jy gaan lag en huil en ver reis in jou gedagtes. Gespreksleier: Corlia Fourie ATKV-Boeke-oase, The Roots GesprekkeAfrikaansGesin60 minute 24 Sept. 15:30 Gratis

Ver reisend en verreikend Read More »

BEELD: Toe en Nou

Erika de Beer – BEELD 50 – Om ’n groot storie hard te slaan (Aktueel) Met die skoknuus dat die gedrukte BEELD binnekort nie meer op die rakke beskikbaar sal wees nie, is dié boek ’n uiters tydige publikasie. Ons gesels met die samesteller, Erika de Beer, oor 50 jaar se stories. Gespreksleier: Barnard Beukman

BEELD: Toe en Nou Read More »

’n Onsterflike held?

Albert Blake – Jopie Fourie – ’n Besinning (Geskiedenis) Was Jopie Fourie wie ons glo hy was? Het sy lewe, en sy teregstelling, hom tot ’n held verklaar wat hy dalk nooit was nie? Ons gesels met Albert Blake oor die etlike ideologiese tone waarop hy in dié boek trap. Gespreksleier: Thys Human ATKV-Boeke-oase, The

’n Onsterflike held? Read More »

Scroll to Top