LEEFSTYL

Afskopfunksie

Kom skop saam met ons die kunsrevolusie af met ’n BANG!  Wees deel van ons nuwe eksklusiewe afskoppartytjie. Kuns, kos, wyn en flambojante fanfare.  Dit gaan pret wees wat jy nie durf misloop nie!  Beeld Ouditorium Foyer, 23 Sept 18:00, 120 min, R200, OB (A) KLIK HIER vir kaartjies

Die Aardklop Langtafel

Kom vir die eerste keer of kom vir die hoeveelste keer – jy kan nie die fees afsluit sonder hierdie feestelikheid nie. Onder die rustige skadu van reuse plataanbome – ’n lang tafel smaakvol gedek en versier, terwyl ’n heerlike sesgangmaal vir jou bedien word. Die prys sluit drinkgoed in. Bring jou familie en vriende …

Die Aardklop Langtafel Read More »

Jinne, dis Gin!

Maak kennis met ’n verskeidenheid eg Suid-Afrikaanse boetiek- jenewers se fyn gebalanseerde en subtiele ondertone. Die smaakervaring kry ’n hupstoot deur jenewer met sjokolade te kombineer. Aangebied deur: Let the good time be Gin Ondersteun deur: Potchefstroom Chef Academy @ The Roots Roots Restaurant Baobab, 24, 25, 26, 27, 28 Sept 12:00; 24, 25 Sept …

Jinne, dis Gin! Read More »

Vonkelwyn en macarons

Te midde van al die swaarmoedigheid in hierdie ou wêreld het ons almal ’n behoefte aan ’n tikkie lighartigheid en uitspattigheid. Vonkelwyn is ’n matig-soet, borrelende drankie, gemaak van wyn wat verskeie prosesse ondergaan. Macarons (makrolletjies), wat reeds sedert die Renaissance gebak word, is tans weer hoogmode en baie swierig. Geniet dié twee heerlikhede saam en …

Vonkelwyn en macarons Read More »

Whiskysprokies – Charlie en die tjoklitfabriek

Reis weer saam met Chris Koch, die bekende whisky-kenner. Kom proe ’n handjievol Skotse enkelmout-whiskies saam met heerlike sjokolade. In Charlie se tjoklitfabriek maak Oompa-Loompas sjokolade, maar wanneer die whisky in die sjokolade val, is daar pandemonium! ’n Tong-in-die-kies aanbieding! Gasheer: Chris Koch Aangebied deur: St Christopher Studio Ondersteun deur: RGBC Roots Restaurant Baobab 24, …

Whiskysprokies – Charlie en die tjoklitfabriek Read More »

Pasta-passie en Italiaanse disse

Vir Italianers is kos nie bloot voeding nie, dit is die lewe… Maaltye bind vriende en familie gesellig saam. Deel in hierdie ervaring waar kos met groot liefde en passie voorberei word! Leer om self pasta te maak en berei ’n tipies Italiaanse dis voor. Klim uit jou kulinêre gemaksone en smul saam. Buon appetito! …

Pasta-passie en Italiaanse disse Read More »

Sit die tjerry op die koek – leer bak!

Het jy tot dusver nog nooit kans gesien om te leer bak nie? Dan is hierdie prettige werkswinkel net die kans vir jou! Met: Sjef Nathan Robinson Aangebied deur: Potchefstroom Chef Academy @ The Roots Chef Academy @ The Roots, 26 Sept 11:00, R280, 180 min, Koswerkswinkel, Gesin, Afr KLIK HIER VIR KAARTJIES

Maboneng-kunservaring

Kunstoere vir feesgangers vanaf die feesterrein tot in Ikageng en terug! Plaaslike huise word in kunsgalerye omskep en feesgangers kry die geleentheid om huiseienaars en kunstenaars te ontmoet. Vertrek vanaf Pendelstasie op die Bult (h/v Esselen- en Hoffmanstraat). Ikageng (vertrek vanaf pendelstasie), 25, 26, 27, 28 Sept 11:00, 14:00, R160, 90 min, Kunstoer, Afr, Eng, …

Maboneng-kunservaring Read More »