2025 Feesterrein: Inligting

Ons feesterrein op die oewer van die Mooirivier bied samesyn, kos- en kunsvlytstalletjies van uitstaande gehalte en vermaak vir die hele gesin. Veilige en gerieflike parkering naby die terrein is ingesluit, vanaf Hennie Bingle-straat se ingang.

Datums en tye:
7-11 Oktober 09:00-21:00
Terreinkroeg: 11:00-23:00

Toegangskaartjies:
webtickets.co.za, Aardklopkantoor by The Roots, of by die ingangshekke tydens die fees.
GEEN KONTANT sal by die ingangshekke of kantoor aanvaar word nie.

Dagkaartjie: R100
Weekkaartjie: R280
Kinders o.12: Gratis

Die kinderspeelpark sal daagliks vanaf 7 tot 11 Oktober tussen 09:00 en 21:00 oop wees.
Geen kinderoppasdiens is beskikbaar nie, maar daar is ’n lafenistuin vir mamma en pappa om ’n ogie te hou!
Toegangskaartjies sal by die ingang van die speelpark beskikbaar wees met kontant- en kaartgeriewe.

Dagtoegang: R50 per kind (met springkastele)
Betaal-per-rit: R10-R40 per rit/speletjie

*Geen vuurwapens en diere (behalwe gidshonde) word op die feesterrein toegelaat nie.

Stalletjies

Feesgangers kan uitsien na meer as 300 kunsvlytstalletjies en sal kan smul by meer as 50 kosstalletjies.

Scroll to Top