
’n Hartlike Hallo!
Kom ons val sommer met die fees in die huis.
Hierdie jaar waardeer Aardklop die kuns om te fees. Kreatiwiteit, kultuur, kuier en ’n gevoel van behoort sal seëvier en feesvier waar die Mooirivier, wilgerbome en sale vol liefhebbers van die kunste bymekaar kom.
Aardklop 2025 gaan die kunste uitlig en vier soos net die Noorde dit kan doen!


BeKUNS, BeKOOR, BeKROON
Vir die wat dit op ander plekke in die media gemis het; Aardklop is vir 11 kykNET Fiëstas 2025 benoem. Die wenners is gisteraand tydens ’n glansgeleentheid in Kirstenbosch aangekondig en ons het weggestap met vier kykNET Fiëstas.
Beste Opkomende Kunstenaar: Joshwin Dyson in Laaitie mettie biscuits
Beste Akteur: Joshwin Dyson in Laaitie mettie biscuits
Beste Nuutgeskepte Teks: Philip Rademeyer vir Stinkhout
Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Die groot finale
Baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot hierdie onderskeie produksies: The Market Theatre Foundation, NATi, AK21, KKNK, Suidoosterfees, NWU Skool vir Musiek en die ATKV!


Nog ’n trotse oomblik!
Braam en die engel – ’n Aardklop-produksie, moontlik gemaak deur Aardklop, AK21 en NATi, en vervaardig deur KKNK – is genomineer vir ’n Fleur du Cap Theatre Award.
Oos, Wes, Kuns Bes!
Terwyl jy wag vir Oktober, kan jy jou honger vir kuns en fees stil met Aardklop-meesterstukke op ander verhoë.
Koop jou kaartjies vir Laaitie mettie biscuits en Stinkhout wat beide vanjaar gesien kan word by:
KKNK:1-6 April
Suidoosterfees: 30 April-4 Mei
Dis dit vir Klop Klets se eerste uitgawe van 2025.
Onthou om ons op Facebook en Instagram te volg vir nuus en lekkertes.
Tot volgende keer!
#MomentumAardklop2025 #DieKunsVanFees