Die bekende Kaapse sangeres Zanne Stapelberg is te sien in hierdie hoogs teatermatige, roerende en boeiende kabaret met musiekteaterliedjies wat elkeen opsigself ’n storie vertel. Elke liedjie is soos ’n teatermonoloog, wat die musikale en dramatiese talente van hierdie uitsonderlike kunstenaar ten beste na vore bring. Zanne word begelei deur Albie van Schalkwyk, met verhoogregie deur die gevierde regisseur Steven Stead, wat onlangs groot lof toegeswaai is vir sy regie van My Fair Lady vir Kaapstad Opera. Laetitia Pople van Netwerk24 skryf: “Dit is seldsaam om ’n kabaretprogram te beleef soos Once Upon a Tune uitgevoer deur ’n sopraan soos Zanne Stapelberg en ’n pianis soos Albie van Schalkwyk … Dit is ’n keurig saamgestelde program van aangrypende en tydlose liedere uit die groot musiekspele, só gekies dat dit ’n oomblik van menswees vasvang.”
Met: Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk
Regie: Steven Stead
Vervaardiger: Zanne Stapelberg en Albie van Schalkwyk
Laerskool Mooirivier
Musiekteater
Engels
Gesin
70 min.
9 Okt. 20:00
10 Okt. 16:30
R190, R170 (Hartsvriende, pensioenarisse)