Potchpourri

Die NWU Skool vir Musiek bied met trots Potchpourri aan – Potchefstroom se gewilde jaarlikse variété-konsert – wat vanjaar vir die heel eerste keer by Aardklop te sien is! Kom beleef ’n onvergeetlike musiekreis met die talentvolle personeel en studente van die NWU en spesiale gaskunstenaars. In hierdie dinamiese vertoning word die elegansie van klassieke instrumentale werke, die drama van opera, die flair van musiekteater en ’n ruim skeut humor saamgevoeg. Of jy nou ’n deurwinterde konsertganger is of net lus is vir iets besonders, Potchpourri het iets vir elke smaak. Verwag sielroerende melodieë, voetstamp-deuntjies en buiklag-oomblikke – alles saamgebind in een feestelike aanbieding. Moet dit nie misloop nie – kom ervaar ’n kosbare Potchefstroom-tradisie op die nasionale verhoog!

Met: Personeel van die Noordwes-Universiteit (NWU) Skool vir Musiek en vriende

NG kerk Vyfhoek

Klassiek
Afrikaans
Gesin
70 min.

7 Okt. 13:00

R220, R200 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top