Pronk Podium

Aardklop Pronk Podium is ’n nasionale toneelfeeskompetisie vir hoërskoolleerlinge en die studente wat deelneem aan die NWU Kampustoneel. Vanjaar se feesproduksie, Doolhof, word aangebied deur vorige Pronk Podium-wenners. Meer inligting oor die studenteproduksie (en genre) sal ná afloop van die NWU Kampustoneel bekend gemaak word. Beide produksies is ingesluit by die kaartjieprys. 

Doolhof

’n Jong paartjie loop hulle vas op die kronkelpaaie van liefde, geloof, seksuele grense en verwagtinge – en elke gesprek het sy slaggate wat die verhouding kan laat ontspoor. Ewan sien sy toekoms met ’n vaste liefde, ’n huwelik, en alles wat daarmee saamgaan. Joey benader alles uit die perspektief van haar geloof, haar beginsels en haar diepste begeertes.

Konfrontasie is onvermydelik, maar die stiltes sê dikwels meer as woorde. Doolhof delf in die werklike vrae wat jongmense vandag vra: Hoe werk liefde as jy eers jouself moet vind? Hoe ver is te ver? Is ek genoeg? Dis rou, dis real, dis onvoorspelbaar.

Met: Minke Marais en Vian Singleton
Teks en regie: Robert Kruger (beste Pronk Podium-regisseur asook die wenner van beste Pronk Podium-produksie vir die afgelope drie jaar) 
Moontlik gemaak deur: Pronk Podium, NWU en die ATKV

Girls High

Drama
Afrikaans
Geen o.13 (T, G)
180 min.

11 Okt. 11:30

R150, R130 (Hartsvriende), R110 (Studente, leerlinge)

Scroll to Top