Die kubermoorde deur ’n Lens

Gert Coetzee en DeWet Bisschoff in gesprek met Daniel Hugo.

Die voormalige redakteur van Volksblad, Gert Coetzee, gesels oor sy roman Lens wat tydens die politieke oorgangstyd in Suid-Afrika (1988-1990) afspeel. ’n Jong joernalis wie se ouers ’n dekade tevore in ’n motorongeluk dood is probeer die raaiselagtige omstandighede van die ongeluk ontrafel, en ontdek dat daar ’n verband is met die dubbele moord op dr. Robert en Jeanne-Cora Smit van 1977. Die woorde RAU TEM wat teen die muur van die moordhuis geskryf is, speel ’n sleutelrol in die verhaal. In DeWet Bisschoff se Die kubermoorde ruk ’n plaasaanval ’n Oos-Kaapse gemeenskap en ontwrig die lewe van ’n jong gesin. Terselfdertyd lei ’n kuberinbraak by ’n regeringsdepartement en sabotasie by ’n elektriese opwekkingsfasiliteit tot ’n vlaag moorde in die noorde van die land.

Spanning, Turkskvy & Naledi

ATKV-Boeke-oase, The Roots

Gesprekke
Gesin
45 min.

10 Okt. 14:00

Gratis

Scroll to Top