Fanie Viljoen en Cliffordene Norton in gesprek met Constant van Graan.
In Fanie Viljoen se Sny hulle in sterre uit en Cliffordene Norton se Hoe haal ek nou asem? moet die karakters leer hoe om dood en verlies te hanteer – in Fanie se boek, ’n skoolmaat en in Cliffordene se boek, ’n ouer. Watter impak het dit op die tieners en hoe gemaak om te cope? Die skrywers vertel hoe dié tema in hulle boeke uitspeel.
Jongvolwassenefiksie, Tafelberg & LAPA
ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.
10 Okt. 09:00
Gratis