Hoe lyk’it, ’klopper?

Die gordyne het gesak, die feesstof het gaan lê en die laaste applous het lankal weggesterf. Maar moenie dink ons is klaar met die kunste nie!

Want ná al die drama, die musiek, die lag, die trane en daardie oomblikke wat ’n mens sommer weer hoendervleis gee, is dit tyd om ’n welverdiende klop op die skouer uit te deel.

En glo ons, dis makliker gesê as gedaan! Met só ’n uiteenlopende feesprogram en soveel uitsonderlike talent het ons beoordelaarspaneel behoorlik kopgekrap om vanjaar se uitblinkers uit te sonder.

Vanjaar doen ons dinge so ’n bietjie anders. Ons verruil die rooi tapyt vir die digitale verhoog en maak die wenners van die Momentum Aardklop 2026-toekennings oor die volgende paar dae aanlyn bekend. Sommer hier én op ons sosialemediablaaie.

Natuurlik is wen nie alles nie. Die kunste laat hulle immers nie so maklik in boksies druk nie. Maar dit bly lekker om erkenning te gee aan die kunstenaars wat ons laat dink, voel, lag en soms selfs ’n traan laat pik.

Hou dus hierdie blad dop soos ons die wenners een vir een bekendmaak.

Die gordyn het geval, maar die applous leef voort – soos’it moet wees!

WENNER

Beste Ensemble

CRYBABY

  • Detensie
  • Vlerktog
  • ‘Kuns’

WENNER

Beste Afrikaanse Teks

Vlerktog (Wessel Pretorius)

  • Vertaling Vlindervry
    (Wessel Pretorius)
  • Vertaling Pad na Soekmekaar
    (Ruda Landman)

WENNER

Beste Uitstalling

Thembi and Thalente Duo: Woman in Art 

  • Diane Victor and Oliver Mayhew:
    Take a Moment
  • Cassian Robbertze:
    This Is Where I Post From
  • A Legacy of Leadership in Printmaking

WENNER

Hartsvriende Beste Produksie

Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar: Tillie / Mathilda

  • Boesman en Lena

WENNER

Beste Musiekgedrewe Produksie

Vincent: His Quest to Love and Be Loved

  • Hartsbriewe
  • HÄNDEL & DIE DONKIE

WENNER

Beste Klassieke musiek/ Crossover musiek-uitvoering

Oorsprong

  • Charl du Plessis Trio: Take a Sad Song And Make It Better
  • Hofmeyrs in konsert: Van liefde en die nag
  • The Scullery Quintet: Seasoned to Taste!

WENNER

Beste Aktrise

Veronique Jepthas (Boesman en Lena)

  • Sandra Prinsloo (Die ander dogter)
  • Antoinette Kellermann (Liefde, Lafras)
  • Marion Holm (Gryp elke grasHolm)

WENNER

Beste Regisseur

Marthinus Basson (‘Kuns’) 

  • Carla Smith (CRYBABY)
  • Nico Scheepers (Ek is nie Danie)
  • Christo Davids (Boesman en Lena)
  • Wessel Pretorius (Vlindervry)

WENNER

Beste Akteur

André Odendaal (Pad na Soekmekaar) 

  • Albert Pretorius (Ek is nie Danie)
  • Wessel Pretorius (‘Kuns’)
  • Brendon Daniels (Boesman en Lena)
  • Wilhelm van der Walt (‘Kuns’)
Scroll to Top