Terreinverhoog:
29 September - 3 Oktober 2026
Dinsdag, 29 September
15:00 – Veervol
16:00 – Roux Cloete
17:00 – Kerkstraat
18:20 – Perspektief
19:40 – Flip a Coin
21:00 – Die Piesangskille
Woensdag, 30 September
14:45 – Jadon Bourne
15:45 – Zimri
17:00 – Pieter Prius
18:20 – Dozi
19:40 – Radio Kalahari Orkes
21:00 – Glaskas
Donderdag, 1 Oktober
14:20 – Naledi Mohapi
15:40 – SKEMER
17:00 – Joshua na die Reën ‘Ft Seuns van Vlug’
18:20 – Janie Bay
19:30 – Danny Smoke
21:00 – Mango Groove
Vrydag, 2 Oktober
13:00 – Johan Gouws
14:20 – Armand Hofmeyr
15:40 – Lisie Basson
17:00 – Jacob Swann
18:20 – Rooksein
19:40 – Dodo
21:00 – Early B
Saterdag, 3 Oktober
13:00 – Hartklop
14:15 – Just Mia
15:40 – Renaldo Alberts
17:00 – Ruan Josh
18:20 – Juanita du Plessis
19:40 – Refentse
21:00 – Jakkals Vibes
Feesterrein: Inligting
Ons feesterrein op die oewer van die Mooirivier bied samesyn, kos- en kunsvlytstalletjies van uitstaande gehalte en vermaak vir die hele gesin. Veilige en gerieflike parkering naby die terrein is ingesluit, vanaf Hennie Bingle-straat se ingang.
Datums en tye:
29 September tot 3 Oktober 09:00-20:00
Terreinkroeg: 11:00-23:00
Toegangskaartjies:
Seatme.co.za, Aardklopkantoor by The Roots, of by die ingangshekke tydens die fees.
GEEN KONTANT sal by die ingangshekke of kantoor aanvaar word nie.
Dagkaartjie: R80 (Dinsdag en Woensdag), R120 (Donderdag, Vrydag en Saterdag)
Weekkaartjie: R350
Kinders o.12: Gratis
Die kinderspeelpark sal daagliks vanaf 29 September tot 3 Oktober tussen 09:00 en 21:00 oop wees.
Geen kinderoppasdiens is beskikbaar nie!
Toegangskaartjies sal by die ingang van die speelpark beskikbaar wees met kontant- en kaartgeriewe.
Kostes sal nader aan die fees op die webblad beskikbaar wees.
*Geen vuurwapens en diere (behalwe gidshonde) word op die feesterrein toegelaat nie.
Stalletjies
Feesgangers kan uitsien na meer as 300 kunsvlytstalletjies en sal kan smul by meer as 50 kosstalletjies.
Pendeldiens
Pendel blitsvinnig tussen verskillende venues, en ondersteun daardeur ook sommer ons plaaslike diensverskaffers.
Sentrale vertrekpunt op feesterrein.
Koopbewyse is beskikbaar aanlyn, die feeskantoor by The Roots en sentrale vertrekpunt.
Opsies: R40, R120, R200, R400
Onthou om jou koopbewyse uit te druk, die bestuurder sal dan ‘n gaatjie pons vir elke keer wanneer jy van die diens gebruik maak.
R20 per rit, kan enige tyd tydens die fees (29 September tot 3 Oktober) gebruik word.
Geen kontant sal deur die bestuurders aanvaar word nie. (‘n Fooitjie vir goeie diens bly jou besluit.)
