Aardklop Jam-sessies

Kom kuier saam rondom ’n jam-sessie soos van ouds. Leon Gropp gaan elke aand ’n musikantvriend of drie nooi om by hom aan te sluit op die verhoog, en dan word daar gesing en instrumente gelooi soos vroeër jare. Geen voorbereiding, geen teks, geen voorbehoud – net ’n impromptu-jam saam met soms onwaarskynlike musikale vriende. Die vraag bly: wie gaan wanneer saam konfyt smeer? Dalk Anna Davel, Pietman Geldenhuys, kitaarkoning Mauritz Lotz? Sien is glo, of in dié geval: daag bloot elke aand dieselfde tyd en plek op om uit te vind!

Met: Leon Gropp en vriende 
Samesteller: Leon Gropp

Loop St.

Kontemporêr
Afrikaans
Geen o.18 (A)
70 min.

29 Sep. tot 3 Okt. 19:00

Prys word nader aan die fees bevestig.

Scroll to Top