Programaansoeke

Momentum Aardklop 2026

Beste Kunstenaar/Vervaardiger,

Welkom by Momentum Aardklop 2026 se aansoekproses.

Aardklop vind plaas in Potchefstroom vanaf 29 September tot 4 Oktober 2026.

Let asseblief op na die volgende:

  • Aansoeke open 15 Januarie 2026
  • Aansoeke sluit 27 Februarie 2026 en geen laat aansoeke sal aanvaar word nie

Algemene Inligting en Voorwaardes:

Slegs aansoeke wat volledig ingevul en onderteken is, waarby die verlangde dokumentasie aangeheg is en wat voor die verstryking van die voorgeskrewe aansoektydperk ontvang is, sal vir ʼn uitnodiging oorweeg word.

Die volgende dokumentasie word vir die aansoek benodig:

  • Resensies en persvrystelling
  • Teks (Teaterproduksies)
  • MP3- en webskakels (Musiekproduksies)
  • Volledige begroting
  • CV van Regisseur
  • Regisseursnota
  • Tegniese inligting

Die aansoekproses vir optredes op die terreinverhoog sal afsonderlik hanteer word. Ons maak binnekort hierdie proses en datums bekend.

Vergoedingspakket:

Suksesvolle aansoeke sal een van die volgende vergoedingspakkette aangebied word:

  • Gedeelte van loket
  • Fooi (by uitsondering)

Die finale samestelling van die vergoedingspakket word beïnvloed deur sekere faktore soos omvang, verblyf, vervoer, kaartjiepryse, en die status van die kunstenaars.

Skedulering:

Aardklop stel die finale skedule vas op grond van individuele onderhandelings. Dit is belangrik om jou optrede se voorkeurdatums, en wie in jou span (tegnici en musici ingesluit) ook by ander optredes betrokke is, te meld.

Kunstenaars en tegnici word beperk tot ’n maksimum van drie produksies ten einde skedulering moontlik te maak, tensy dit spesifiek met die feesbestuur uitgeklaar word.

Indien ’n produksie se beskikbaarheid dit onmoontlik maak om binne Aardklop se groter skedule te pas, sal die produksie nie aangebied kan word nie.

Opvoerregte:

Alle opvoerregte, insluitende DALRO en/of SAMRO, is die verantwoordelikheid van die produksie.

Publisiteit en Bemarking:

Elke aansoeker of produksie is self verantwoordelik vir sy eie publisiteit en bemarking. Die bemarkingspan van Aardklop sal egter ook hierdie bemarkingsinisiatiewe op alle platforms tot hul beskikking ondersteun en aanvul.

Belangrike Sperdatums:

15 Januarie 2026

Aansoeke open

27 Februarie 2026

Aansoeke sluit

20 April 2026

Programkeuring word gefinaliseer

28 April 2026

Alle foto’s en finale kopie vir feesgids ingedien

8 Mei 2026

Finale skedulering

15 Mei 2026

Getekende kontrakte ontvang deur Aardklop

25 Augustus 2026

Plakkate by Aardklopkantoor

Ons sien daarna uit om van jou te hoor.

Navrae:
Steven Ahumada – Programassistent
Tel: 087 527 0023
Sel: 081 557 1049
steven@aardklop.co.za

Scroll to Top