Programaansoeke
Momentum Aardklop 2025
Programaansoeke vir Momentum Aardklop 2025 is nou gesluit.
Algemene Inligting en Voorwaardes:
Skedulering:
Aardklop stel die finale skedule vas op grond van individuele onderhandelings.
Kunstenaars en tegnici word beperk tot ’n maksimum van drie produksies ten einde skedulering moontlik te maak, tensy dit spesifiek met die feesbestuur uitgeklaar word.
Indien ’n produksie se beskikbaarheid dit onmoontlik maak om binne Aardklop se groter skedule te pas, sal die produksie nie aangebied kan word nie.
Opvoerregte:
Alle opvoerregte, insluitende DALRO en/of SAMRO, is die verantwoordelikheid van die produksie.
Publisiteit en Bemarking:
Elke aansoeker of produksie is self verantwoordelik vir sy eie publisiteit en bemarking. Die bemarkingspan van Aardklop sal egter ook hierdie bemarkingsinisiatiewe op alle platforms tot hul beskikking ondersteun en aanvul
Belangrike Sperdatums:
15 Februarie 2025 | Aansoeke open |
15 Maart 2025 | Aansoeke sluit |
20 Maart 2025 | Erkenning van ontvangs van aansoeke |
14 April 2025 | Programkeuring word gefinaliseer |
28 April 2025 | Alle foto’s en finale kopie vir feesgids ingedien |
13 Mei 2025 | Finale skedulering |
28 Julie 2025 | Getekende kontrakte ontvang deur Aardklop |
8 September 2025 | Plakkate by Aardklopkantoor |
Navrae:
Steven Ahumada – Programassistent
Tel: 087 527 0023
Sel: 081 557 1049
[email protected]