Afrikaans, taal van my hart II

Na twee suksesvolle jare met die eerste vertoning, “Afrikaans, taal van my hart” by onder andere die KKNK, Vrystaat Kunstefees, Atterbury teater en vele ander moes Mathys Roets en Jacobus Silwer eenvoudig voortgaan met ‘n opvolgvertoning met nóg van SA se grootste treffers uit die verlede en die hede. Daar is sóveel onthou-songs dat een vertoning net nie genoeg is nie! “Afrikaans, taal van my hart II” gee erkenning aan die helde van musiek in ons taal. Die musiek- en liriekskrywers wat in ons geheue vasgebrand is as die Grotes wat Afrikaanse musiek tot hier gebring het en ook vorentoe gaan vat.

Met: Mathys Roets en Jacobus Silwer
Teks en regie: Mathys Roets en Jacobus Silwer

Totius Saal

Kontemporêr
Afrikaans
Gesin
90 minute, geen pouse

5 Okt 10:00
6 Okt 16:00
7 Okt 10:00

R180, R160 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top