Programaansoeke

Momentum Beleggings Aardklop 2024

Die programaansoeke vir 2024 is nou gesluit.

Beste Kunstenaar/Vervaardiger,

Welkom by Momentum Beleggings Aardklop 2024 se nuwe aansoekproses.

Aardklop vind plaas in Potchefstroom vanaf 24-28 September 2024.

Let asseblief op na die volgende:

  • Aansoeke open 23 Januarie 2024
  • Aansoeke sluit 28 Februarie 2024, geen laat aansoeke sal aanvaar word nie

Aardklop en Woordfees sal na die beste van ons vermoë produksies wat deur beide feeste uitgenooi word se skedulering realisties moontlik te maak.

Algemene Inligting en Voorwaardes:

Slegs aansoeke wat volledig ingevul en onderteken is, waarby die verlangde dokumentasie aangeheg is en wat voor die verstryking van die voorgeskrewe aansoektydperk ontvang is, sal oorweeg word vir ʼn uitnodiging.

Die volgende dokumentasie sal benodig word vir die aansoek:

  • Resensies en persvrystelling
  • Teks (Teaterproduksies)
  • MP3- en webskakels (Musiekproduksies)
  • Volledige begroting
  • CV van Regisseur
  • Regisseursnota
  • Tegniese inligting

Die aansoekproses vir optredes op die terreinverhoog sal afsonderlik hanteer word. Ons maak binnekort hierdie proses en datums bekend.

Vergoedingspakket:

Suksesvolle aansoeke sal een van die volgende vergoedingspakkette aangebied word:

  • Gedeelte van loket
  • Fooi (by uitsondering)

Die finale samestelling van die vergoedingspakket word beïnvloed deur sekere faktore soos omvang, verblyf, vervoer, kaartjiepryse, en die status van die kunstenaars.

Skedulering:

Aardklop stel die finale skedule vas op grond van individuele onderhandelings. Dit is belangrik om jou optrede se voorkeurdatums, en wie in jou span (tegnici en musici ingesluit) ook by ander optredes betrokke is.

Kunstenaars en tegnici word beperk tot ’n maksimum van drie produksies ten einde skedulering moontlik te maak, tensy spesifiek met die feesbestuur uitgeklaar.

Indien ’n produksie se beskikbaarheid dit onmoontlik maak om binne Aardklop se groter skedule in te pas, sal die produksie nie aangebied kan word nie.

Opvoerregte:

Alle opvoerregte, insluitende DALRO en/of SAMRO, is die verantwoordelikheid van die produksie.

Publisiteit en Bemarking:

Elke aansoeker of produksie is self verantwoordelik vir sy eie publisiteit en bemarking. Die bemarkingspan van Aardklop sal egter ook hierdie bemarkingsinisiatiewe op alle platforms tot hul beskikking ondersteun en aanvul.

Belangrike Sperdatums:

24 Januarie 2024 Aansoeke open
28 Februarie 2024 Aansoeke sluit
8 Maart 2024 Erkenning van ontvangs van aansoeke
8 April 2024

Programkeuring word gefinaliseer

19 April 2024 Alle foto’s en finale kopie vir feesgids ingedien
15 Mei 2024 Finale skedulering
30 Julie 2024 Getekende kontrakte ontvang deur Aardklop
10 Augustus 2024 Plakkate by Aardklopkantoor

Ons sien daarna uit om van jou te hoor.

Navrae:
Jacinda Doinet – Programassistent
Tel: 087 527 0023
Sel: 073 749 1929
[email protected]

Scroll to Top