Dagsê ’klopper!
Ons vingerpunte tintel skoon van opwinding hier op Potch, want nie net is 24 September Nasionale Erfenisdag (ook bekend as Braaidag) nie, dit is ook wanneer Aardklop 2024 begin. Tot 29 September word daar geëet, gekuier, gekyk, gedink, gesels en gekunstefees dat die stof so staan.
Vreugde is iets wat gedeel moet word, dus het ons besluit om nog ’n op-die-nippertjie afslag op kaartjiepryse te bied – net sommer, want ons kan. Kom ons noem dit die Kersie-op-die-koek-aanbod.



As jy tussen Vrydagoggend 20 en Saterdagoggend 21 September om 08:00 kaartjies by Ticketpro koop, kry jy 30%-afslag* op elke kaartjie. Dié keer is die kwalifiserende produksies**:
Rooidag: NP van Wyk Louw getoonset en gesing
Volprys: R170 | afgslaprys: R119
Laaitie mettie biscuits
Volprys: R210 | afslagprys: R147
Beste Vriende sing Laurika
Volprys: R180 | afslagprys: R126
André Schwartz: Gesigte
Volprys: R210 | afslagprys: R147
-Loos met Joanie Combrink en Laurinda Hofmeyr
Volprys: R190 | afslagprys: R133
Megan-Geoffrey Prins & Tinus Botha: Key Connections
Volprys: R190 | afslagprys: R133
Charl du Plessis Trio: Vivaldi Vier Seisoene
Volprys: R200 | afslagprys: R140
Hier Google ons nie, kom vra wat jy wil
Volprys: R120 | afslagprys: R84
Afrikaans, taal van my hart 2
Volprys: R180 | afslagprys: R126
Coenie de Villiers: Op ’n eiland
Volprys: R210 | afslagprys: R147
Deon Meyer en Coenie de Villiers se Roem: ’n Musiekverhaal
Volprys: R220 | afslagprys: R154
Stinkhout
Volprys: R200 | afslagprys: R140
Aardklop Jam-sessies
Volprys: R120 | afslagprys: R84
Ruhan du Toit
Volprys: R190 | afslagprys: R133
*Hartsvriende en pensioentrekkers betaal reeds minder vir kaartjies, en kom daarom nie vir hierdie afslag in aanmerking nie. **Vind meer besonderhede oor dié produksies in die feesprogram, beskikbaar op aardklop.co.za of by die feeskantoor in Potchefstroom. Alle kaartjies kan op ticketpro.co.za gekoop word.
Ook ’n fees vir die oog – maar meer as net mooi
’n Kunstefees kan homself kwalik ’n kunstefees noem as hy nie ook visuele kuns bied nie.
Daar’s vanjaar weer ’n wye verskeidenheid uitgesoekte visuele kuns in diverse vorme en mediums, uitgestal in drie ruimtes:
die NWU Botaniese Tuin Galery, die NWU Galery, en twee lokale by The Roots.
Die Aardklop-feeskunstenaar vir 2024 is Jessica Webster, wie se solo-uitstalling ’n Perd sonder ’n naam in die NWU Botaniese Tuin Galery te sien sal wees. Dié werk verteenwoordig ’n poging deur die kunstenaar om die basiese grondslae van haar praktyk uit te daag. Sy beskryf die skilderye, wat oor jare saamgestel is, as “anti-esteties”, die teenoorgestelde van dit wat as “mooi” gekenmerk word.
Ons kan nog baie oor haar werk sê, maar laat sy eerder self die praatwerk doen:
’n Oog vir talent

Veels geluk aan Miné Kleynhans, wat pas as die wenner van die Sasol New Signatures-kunskompetisie aangewys is vir haar werk Meditations on Resentment.
Sy is vanjaar by die fees deel van die groepuitstalling Silo, onder leiding van die Aardklop-kurator M.C. Roodt. Die ander kunstenaars is Landi Raubenheimer en Molefe Thwala.
Dit wys jou net – ons hier by Aardklop ken talent as ons dit sien!
Terloops. . .
Is jou tassies al gepak? Het jy al verblyf en vervoer gereël? Opskud, die tyd raak nou min!
Nuttige items vir jou feessak: sneesdoekies, hoofpynpille, lipsalf, Wet-Wipes, ’n hervulbare waterbottel, jou feesboekie (of toegang daartoe op jou slimfoon). En dalk ook skoon onderklere (mens weet nooit).
Maar die belangrikste van alles is natuurlik: jou feesgees.
Let wel dat alle kaartjies aanlyn by Ticketpro, by die feeskantoor by The Roots en, in die geval van die feesterrein, by die toegangshekke gekoop kan word. Geen kontant word tydens die fees aanvaar nie, ook nie deur die bestuurder van die pendeldiens nie (tensy jy ’n fooitjie vir goeie diens wil gee).
Soos altyd, is die volledige feesprogram plus terreininligting, plus roetekaart, plus pendeldiens, plus, plus en nog ’n plus by aardklop.co.za te vinde.
Laaste terloops . . .
Hou jou oog op ons sosiale media vir die duur van die fees as jy wil weet waar die aksie is.
En as jy enige plek tydens die fees vashaak of vasbrand, kan jy 087 527 0023 met algemene navrae skakel.
Toe, gaan pak jou tassies – jy kan al die slapies op jou een hand aftel.
Sien jou van 24 September af!
#aardklop2024 #hierkomons