Kontemporêr

Aardklop Jam-sessies

Kom kuier saam rondom ’n jam-sessie soos van ouds. Leon Gropp gaan elke aand ’n musikantvriend of drie nooi om by hom aan te sluit op die verhoog, en dan word daar gesing en instrumente gelooi soos vroeër jare. Geen voorbereiding, geen teks, geen voorbehoud. Net ’n impromptu-jam saam met vriende. Met: Leon Gropp en […]

Aardklop Jam-sessies Read More »

Van Der Aven

’n Optrede van Van Der Aven bied ’n energieke, opregte belewenis waar alternatiewe rockklanke en diep lirieke saamvloei. Die band se rou passie is tasbaar op die verhoog, en hul Afrikaanse liedjies kry elke gehoorlid aan die beweeg – of dit nou deur kopknik, saamsing of spontane dans is. Tussen liedjies deur vertel hulle grappies

Van Der Aven Read More »

Spoorsny

Frieda van den Heever se album Spoorsny is in 2024 uitgereik en hou aan om gehore en luisteraars diep te raak. Hierdie produksie is benoem vir ’n Woordtrofee, Fiësta en Kanna as beste kontemporêre musiekproduksie. Tree vir tree verken Frieda die landskap van die lewe en die dood en alles tussenin met haar neus en

Spoorsny Read More »

Liedjies van My Legends verander na 100 Jaar van Afrikaans

Beleef die hartklop van Afrikaanse musiek soos nog nooit tevore nie met Jakkie Louw se nuwe musiekhuldeblyk, Liedjies van ons legendes ná 100 jaar van Afrikaans. Hierdie intieme en kragtige vertoning bring hulde aan van die grootste akoestiese liedjieskrywers van die afgelope eeu – insluitend ikone soos Koos Kombuis, Valiant Swart, Theuns Jordaan, Anton Goosen

Liedjies van My Legends verander na 100 Jaar van Afrikaans Read More »

De wals van de liefde

’n Versameling van Jannie du Toit se gunstelingliedjies uit die Nederlandstalige kleinkuns soos “Madeleine” en “Marieke” van Jacques Brel asook liedjies van Jules de Corte en Herman van Veen. Van ballades oor die liefde en die lewe tot prettige liedjies. Volgens Jannie is “De wals van de liefde” van die gevierde Nederlandse sanger Toon Hermans

De wals van de liefde Read More »

Scroll to Top