Geluk aan vanjaar se benoemdes vir die Aardklop-toekennings, waarvan die wenners op 1 November bekend gemaak word:
BESTE BYSPELER
David Viviers – Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan
Jacques Adriaanse – Forte
Joshwin Dyson – Ken jy vir Dewie?
Ludwig Binge – Veelhoek
BESTE AKTRISE
Antoinette Kellermann – Die stoele
Crystal-Donna Roberts – Ken jy vir Dewie?
Jana Cilliers – Veelhoek
Margit Meyer-Rödenbeck – Ouma is op pad
Rika Sennett – Forte
BESTE AKTEUR
Chris van Niekerk – Die stoele
David Viviers – Die lewe in ‘n dag van ‘n vrugtevlieg
Frank Opperman – Stinkhout
Joshwin Dyson – Laaitie mettie biscuits
Wessel Pretorius – Die lewe in ‘n dag van ‘n vrugtevlieg
BESTE REGISSEUR
Philip Rademeyer – Stinkhout
Margit Meyer-Rödenbeck – Ken jy vir Dewie?
Marthinus Basson – Die stoele
BESTE MUSIEKUITVOERING
Die Charl du Plessis Trio – vir Vivaldi Vier Seisoene
Elvis Blue – vir Elvis Blue: Dis wie ek wil wees
Elzabé Zietsman – vir Vier Panado’s en ’n chardonnay
Eldon van der Merwe – vir Deon Meyer en Coenie de Villiers se Roem: ’n Musiekverhaal
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE
André Schwartz: Gesigte
Mass for the Good Princes
Vier Panado’s en ’n chardonnay
BESTE TONEEL-PRODUKSIE
Die lewe in ’n dag van ’n vrugtevlieg
Die stoele
Ken jy vir Dewie?
Reünie
Stinkhout
TOEKENNING VIR GRENSVERSKUIWENDE WERK (slegs debuutwerk)
Stinkhout
Mass for the Good Princes
BESTE NUUTGESKREWE AFRIKAANSE TEKS
Magda Louw: ’n Les in kletterkunde – teks: Desiré Gardner
Marion Monroe – teks: Marion Holm en Chris Vorster
Stinkhout – teks: Philip Rademeyer
BESTE UITSTALLING
Cumulonimbus – Colette Lotz
Ek sien jou / Sawubona / I see you – kurator: Rory du Plessis
Silo – kurator: M.C. Roodt
Die benoemings vir Beste Algehele Aanbieding en Hartsvriende Beste Produksie word later bekend gemaak.
Aardklop YouTube
Die Feesteforum verstaan en erken dat sistemiese rassisme en diskriminasie bestaan en dat dit op komplekse wyses uitspeel in gemeenskappe. Dit is inherent deel van die Suid-Afrikaanse storie, en raak byna alle gemeenskappe op makro- en mikrovlak. Kunstefeeste is ‘n integrale deel van die poging om hierdie ongelykhede, marginalisasies en onderdrukking van sekere groepe, aan te spreek. As Feesteforum is dit deel van ons missie om kunstenaars en gehore byeen te bring om oop, veilige en kreatiewe platforms te skep vir vrye en diverse artistieke uitdrukking. Ons is verbind tot inklusiewe programmering en die aanbied van werk wat die stories van verskeie gemeenskappe vertel, en ook die skep van geleentheid vir diskoers wat die gebreke aanspreek. Daarom is ons verder verbind tot die ontwikkeling van gehore wat inklusiwiteit en diversiteit as prioriteite beskou, en nooi u as feesganger uit om hierdie waardes te omarm, maar ook aktief die fees as ‘n geleentheid te beskou om by ons aan te sluit in die stryd teen ongelykheid en rassisme. Saam kan ons ‘n gemeenskap van diverse mense skep wat verskille omarm en daardeur ook mekaar vier. Soos die kunste vir ons die weg aanwys.