Gesprekke

Valskermbataljon verhale

Mike Bolhuis in gesprek met Lourensa Eckhard. Parabats was die elite valskermsoldate wat deur die lug geval en op die grond geveg het. Valskermbataljon verhale vertel dit soos dit was: Eerlik. Rou. Reguit. Van die opwinding en vrees voor ’n sprong, tot die kameraadskap wat net in die hitte van aksie gesmee kan word. Dis […]

Valskermbataljon verhale Read More »

Digtersgesprek

Daniel Hugo, Jakes Moller en Maritha Broschk gesels met Marlene Malan. Maritha Broschk se debuutdigbundel, wanneer woorde asemhaal, was op die kortlys van die Eugene Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Wat is jou enigste troos in die lewe en in sterwe? In Kategismus probeer Daniel Hugo dié vraag op sý manier

Digtersgesprek Read More »

Jou verlede in die spieël

Jana Fourie en Sandra Skinner in gesprek met Daniel Hugo. Beide Jana Fourie (Grenslyn) en Sandra Skinner (Die skuld wat bloed betaal) se verhale hou ’n spieël op vir die leser. Jana se boek vertel die verhaal van ’n vrou wat baie trauma moes deurmaak en uiteindelik met grensgeval-persoonlikheidsteuring gediagnoseer word. Sandra se storie handel

Jou verlede in die spieël Read More »

Die kubermoorde deur ’n Lens

Gert Coetzee en DeWet Bisschoff in gesprek met Daniel Hugo. Die voormalige redakteur van Volksblad, Gert Coetzee, gesels oor sy roman Lens wat tydens die politieke oorgangstyd in Suid-Afrika (1988-1990) afspeel. ’n Jong joernalis wie se ouers ’n dekade tevore in ’n motorongeluk dood is probeer die raaiselagtige omstandighede van die ongeluk ontrafel, en ontdek

Die kubermoorde deur ’n Lens Read More »

Die volmaakte moord

Leon van Nierop in gesprek met Hannes Barnard. Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat deur die verre ooste vaar. Maar die ontvlugting is van korte duur… Leon vertel meer

Die volmaakte moord Read More »

Dienaar van die waarheid en die speurder wat moordenaars laat praat

Jonathan Morris, Michael Behr en MC Botha in gesprek met Lourensa Eckhardt. Jonathan Morris (Confessor Cop) gesels met MC Botha (Dienaar van die waarheid) oor hoe moeilike sake opgelos kan word deur empatie te gebruik. Met ‘n suksessyfer van 99% het kapt. Morris hoëprofielsake soos die Jimmy Maketta-reeksmoorde en die Sizzler’s-slagting aangepak. Michael Behr ondersoek

Dienaar van die waarheid en die speurder wat moordenaars laat praat Read More »

Kos en klets

Willie Strauss en Frik de Jager in gesprek met Amore Bekker. Twee van ons gewildste koskenners en radiopersoonlikhede gesels oor die pure lekkerte en nostalgie van kosmaak. In Willie se Sinkhuisresepte nooi hy jou uit om by sy huis te kom kuier en deel hy resepte waarmee almal grootgeword het. In Frik se StorieKos gaan

Kos en klets Read More »

Riviere in die wildernis

Karlien van Jaarsveld in gesprek met Hannes van Wyk. Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie vervleg met haar onwrikbare geloof gestap het. Sy deel haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge. In Riviere in

Riviere in die wildernis Read More »

Wanneer die lewe gebeur

Elizma Coetzee (Uit rou gebore) en Petro Kotze-Odendaal (Wanneer die krieke stil word) in gesprek met Stefaans Coetzee Twee vroue, twee uiteenlopende stories van verlies, een boodskap van hoop en aanvaarding.Beide skrywers worstel op verskillende manier met die lewe – Petro se man was gewelddadig en Elizma se man sterf na ’n lang siekbed. Hoe

Wanneer die lewe gebeur Read More »

Die moord op Deveney Nel

Julian Jansen in gesprek met Susan Cilliers. In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af

Die moord op Deveney Nel Read More »

Agter tronkmure

Edwin Cameron en Stefaans Coetzee in gesprek met Kabous Meiring. In sy boek Behind Prison Walls gee oudregter Edwin Cameron ’n onwrikbare blik op wat dit sal verg om Suid-Afrika se gebroke gevangenisstelsel reg te stel en ‘n veiliger samelewing te bou. As inspekteur van tronke het hy intieme insigte oor wat agter tronkmure aangaan.

Agter tronkmure Read More »

Oorlog en gerookte salm

Gerda Taljaard en Pieter Stoffberg in gesprek met Thys Human. Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie… Mila Kozlowa is ’n Moskouse psigoterapeut. Sy ontmoet ’n Suid-Afrikaner wat sy oorlogtrauma met haar deel en kort voor lank

Oorlog en gerookte salm Read More »

Scroll to Top