Dagsê, ’klopper
Anderdag het ons jou laat weet wie as die KUNSSTE van die kunste by vanjaar se Momentum Aardklop benoem is. En nou, ná ’n gesellige aandjie daar in Kaapstad se noordelike voorstede, is die wenners bekendgemaak.
Nie dat wen álles is nie – die kunste is immers grensloos. Maar dit help darem om dan en wan erkenning te gee aan die uitblinkers sodat ons land se kunstegemeenskap kan aanhou kuns te midde van dikwels uitdagende omstandighede.
Dit was nie ’n maklike taak nie, want daar was weer so baie goeie dinge by die fees – ’n uitgebreide, diverse aanbod van alles wat die kunste in SA die moeite werd maak. Maar die beoordelaarspaneel het darem uiteindelik ’n konsensus kon bereik oor wie hulle dink vanjaar verdien om met die eerste prys weg te stap.
“Vanjaar se Aardklop-fees was ’n lewendige vertoonkas van teater, musiek en kuns, met ’n reeks produksies en uitstallings wat aan uiteenlopende smake voldoen het,” sê die paneel in ’n verklaring.
“Die klassieke-musiekprogram het uitgestaan vir sy uitsonderlike gehalte, wat die skepping van ’n nuwe kategorie – Beste Uitvoering: Klassieke Musiek – tot gevolg gehad het. So ook is die UitKlop-toekenning ingestel om produksies te vereer wat durf en oorspronklikheid getoon het.”
“Met diepe dankbaarheid teenoor alle kunstenaars, deelnemers en borge wens die paneel julle sterkte toe met alles wat julle in die volgende jaar gaan aanpak.”




- Beste Aktrise: Elzabé Zietsman vir Routrip
- Beste Akteur: Wilhelm van der Walt vir Seun
- Beste Regisseur: Nico Scheepers vir Seun
- Beste Algehele Aanbieding: Seun
- Toekenning vir Grensverskuiwende Werk: The Scullery Quintet: Stir-fried Sonatas
- Visuele Kuns: Beste Uitstalling: Corpus Naturae, Jaco van Schalkwyk
- Beste Musiekgedrewe Produksie: Amanda Strydom: The incredible journey of Tinkerbell van Tonder
- Beste Klassieke Musiekuitvoering: Road Trip Rythms
- Beste Musiekgedrewe Uitvoering: The Scullery Quintet
- Hartsvriende Beste Produksie: Seun
- Beste Nuutgeskrewe Afrikaanse Teks: Nataniël vir NATANIËL + CHARL: 25
- Beste Aanbieding: Toneel: Seun
- UitKlop Toekenning: Alfred Adriaan: Positive Strokes
- Ekstra Myl: Riaan Rademan (Tegniese projekbestuurder vir Blond Productions)



Die feesdatums is bekend! Volgende jaar val dit weer oudergewoonte saam met die skoolvakansie, en sal van 29 September tot 4 Oktober 2026 (feesterrein van 29 September tot 3 Oktober) in Potchefstroom plaasvind.
Die Kuns van Fees sien uit daarna om almal terug te verwelkom en ook nuwe besoekers te ontmoet. Volg ons intussen by aardklop.co.za en op sosiale media om op die hoogte te bly.

