Ockie Vermeulen & Vriende

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan: Kersfees met Ockie Vermeulen & Vriende

Op Sondag 4 Desember word Kerstyd ingelei met ’n Kersproduksie deur drie van Suid-Afrika se top instrumentaliste. Geliefde Kersmusiek van die afgelope 300 jaar word nuut verwerk vir orrel, viool en klavier in die program Ockie Vermeueln & Vriende. Gunsteling melodieë soos Stille Nag, Somerkersfees en Bethlehem Ster maak die feestyd altyd spesiaal en vergesel die gehoor op ’n nostalgiese reis in hierdie virtuose samesmelting van instrumente.

Ockie en vriende meng hulle unieke persoonlike belewenis van kersmusiek met ’n eietydse musiekstyl en beloof die opwindende interpretasies van ou gunstelinge te sorg vir ‘n musikale reis soos min.

Ockie Vermeulen het bekendheid verwerf vir sy Highland Cathedral en Arena CDs en is universiteitsorrelis van Unisa en oreelis by Pretoria Oos NG kerk. 

Lizelle le Roux het as deel van die Eclips duo bekendheid verwerf en speel as solis in die grootste musiekproduksies in Suid-Afrika. Haar eerste solo CD Joy is in 2020 vrygestel. 

Charl du Plessis is ’n Steinway kunstenaar en internasionaal gesog as klassieke sowel as jazz pianis met meer as 10 CDs op sy kerfstok.

Voorafvertoning: Saxofoon deur graad 10 Affies leerder, Heinrich Diedericks.
Begelei deur Engeli le Roux.
Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Datum: Sondag, 4 Desember 2022
Tyd: 11:00
Kaartjies: R190, (pensionaris R150, leerders R100)

Kaartjies beskikbaar by die deur en by: www.ticketpros.co.za

Scroll to Top