Strykers Galore!

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool bied aan:
Strykers Galore!
Met Reuben van Nieuwenhuizen en Serendipity Strings.

Aardklop Aubade 2023 se Sondagoggend konsertreeks skop af met ’n heerlike oggend van strykinstrumente.  Eerste, ‘n optrede deur die junior algehele wenner van 2022 se Il Vento kompetisie, Reuben van Nieuwenhuizen. Reuben is ’n graad 10 leerling by Pretoria Boys High School. Verwag werke deur Mendelssohn, Vivaldi en Gardel.

Na afloop van sy uitvoering, betower Serendipity Strings die gehoor met ‘n program wat Schumann, Debussy, Elgar en Gershwin insluit. Hierdie ensemble is in 2015 deur Mietze Dill gestig om uiting te gee aan die vreugde, passie, hoop en selfs donkerte wat deur kamermusiek verteenwoordig word.

Voorafvertoning: Affie-leerling, Rutger Enslin (graad 12) op klavier
Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Datum: Sondag, 12 Maart 2023
Tyd: 11:00
Tydsduur: 75 minute – geen pouse
Kaartjies: R190, (pensionaris R150, leerders R100)

Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za

Konsertgangers kan ook voor of na die konsert ander versnaperinge by die skool se 1920-restaurant geniet.

Momentum Beleggings Aardklop Aubade is reeds gevestig as ‘n tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek. Ons skep met trots ‘n platform vir musici om voor gehore in die Jakarandastad op te tree.

Scroll to Top