Craft Beer and Street Food

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Craft Beer and Street Food.

Boetiekbier is die produk van delikate vakmanskap, gebrou op ’n klein skaal deur onafhanklike brouerye. Dikwels word bestanddele plaaslik verkry en word daar van tradisionele metodes gebruik gemaak. Die eindproduk is baie innoverend as gevolg van kreatiewe geur- en stylkombinasies.  

Tydens hierdie geleentheid word boetiekbiere gekombineer met eg Suid-Afrikaanse “straatkos” – vinnige, outentieke en sosiale kos! Leef in die oomblik en beleef hierdie flambojante kombinasie!

Met: Brauhaus 
Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots
Moontlik gemaak deur: Brauhaus

Genre: Leefstyl
Taal:
Afrikaans, Engels 
Gradering: Geen o.18 (A)
Tydsduur: 60 min.
Venue: The Roots Dandelion
Datum en tyd: 3 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 4 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt 12:00, 14:00 en 16:00; 6 Okt 12:00, 14:00 en 18:00; 7 Okt 10:00, 12:00 en 14:00
Kaartjies: R280

Scroll to Top