2023

Prontuit

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Prontuit. Hoe gemaak om vir ewig in hierdie onstuimige mooi land te kan woon en werk? Talle glo om die land te verlaat is bloot buite die kwessie. Wie is die staatmakers en hoe help hulle om die skip te stuur? In ’n informele gesprek vra Kabous Meiring ’n paar […]

Prontuit Read More »

Beeld & boeretroos

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Beeld & boeretroos. https://www.youtube.com/watch?v=n8Imz3rEDC4 Hoe word ’n koerant soos Beeld saamgestel? Hoe word op die voorblad en ander inhoud besluit? Barnard Beukman, redakteur, en van sy kollegas kom lig die sluier en blaai saam met feesgangers oor ’n koppie koffie deur die koerant. Met: Barnard Beukman, Gert van der Westhuizen, Christo

Beeld & boeretroos Read More »

Pronk Podium wenners 2023

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Pronk Podium wenners 2023. Pronk Podium. Kom ontmoet die teatermakers van die toekoms by Pronk Podium, die LEKKER toneelkompetisie waar hoërskool- en studenteproduksies die planke laat praat.  Hierdie jaar se wenproduksies word met trots by Aardklop aangebied, en kan kers vashou met die professionele produksies. Tienertonele volg ’n opwindende reis

Pronk Podium wenners 2023 Read More »

Tafadzwa Tega: Chisi Hachieri Musi Wacharimwa – A Seed Will Take Its Time to Grow

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Tafadzwa Tega: Chisi Hachieri Musi Wacharimwa – A Seed Will Take Its Time to Grow. Tafadzwa Tega se werk is ’n liefdesbrief aan die Zimbabwiese diaspora – aan die mense wat hul huise verlaat het op soek na ’n beter lewe. Hierdie individue, hoogs opgeleide en professionele mense, moes verskeie

Tafadzwa Tega: Chisi Hachieri Musi Wacharimwa – A Seed Will Take Its Time to Grow Read More »

Peter Mammes: Gevolg

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Peter Mammes: Gevolg. Peter Mammes se behoefte was om iets nuuts en interessant te maak deur ongewone tegnologieë en tegnieke te gebruik. Hy het maande gelede begin eksperimenteer. Sy proses is om te begin met eenvoudige beginsels en uiteindelik eindig hy met ’n baie komplekse metode om sy kunswerke te

Peter Mammes: Gevolg Read More »

Evert Esterhuizen: Helder oomblikke tussenin

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Evert Esterhuizen: Helder oomblikke tussenin. Die plantegroei van die verre oostelike streke van Suid-Afrika is buitengewoon welig, helderkleurig en bestaan uit talle lae. In sy grootwordjare het Evert Esterhuizen talle reise na die Wildekus meegemaak – die ruigheid en die verskeidenheid van die dramatiese eertydse Transkeise kus, die oorvloedigheid het

Evert Esterhuizen: Helder oomblikke tussenin Read More »

Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Generasie-welvaart en die oranje ligte

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Generasie-welvaart en die oranje ligte. Elke Suid-Afrikaner se doel is uiteindelik om ’n vorm van welvaart aan hul kinders en dalk ook hul kleinkinders na te laat. Of dit nou ’n familie-onderneming, ’n groot som kapitaal of net ’n meevaller is, daar is kernbeginsels

Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Generasie-welvaart en die oranje ligte Read More »

Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Geniet Suid-Afrika, maar bestuur jou kapitaal soos ’n wêreldburger

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Geniet Suid-Afrika, maar bestuur jou kapitaal soos ’n wêreldburger. Die meeste Suid-Afrikaners bly in Suid-Afrika omdat hulle hier wíl bly, maar dit beteken nie dat jy al jou kapitaal in Suid-Afrika hoef te belê nie. Die gesprek sal handel oor hoe om hierdie beleggingsbesluite

Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Geniet Suid-Afrika, maar bestuur jou kapitaal soos ’n wêreldburger Read More »

Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Kernbeginsels vir suksesvolle beleggingsbesluite

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Kernbeginsels vir suksesvolle beleggingsbesluite. Mense is emosionele wesens en raak vasgevang op die wipplank tussen optimisme en pessimisme. Nuusgebeure vanuit alle oorde bombardeer jou daagliks op soveel vlakke. Dit is dus ’n kuns om te midde van al hierdie markwisselvalligheid en onsekerhede steeds die

Sake & Sauvignon. Met Theo Vorster. Kernbeginsels vir suksesvolle beleggingsbesluite Read More »

Werklik waarskynlik? – Fantasie en wetenskapsfiksie Met Elrien Scheepers, Sunel Combrinck en Nadine Petrick

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Werklik waarskynlik? – Fantasie en wetenskapsfiksie. Met Elrien Scheepers, Sunel Combrinck en Nadine Petrick. Elrien Scheepers  se wetenskapsfiksie-verhaal Waar jakkalse huil speel af gedurende die winter van 2055 in die Klein-Karoo en Kaapstad. Die 18-jarige Laela Nix wil haar pa se laaste versoek uitvoer, maar dinge loop skeef en sy beland

Werklik waarskynlik? – Fantasie en wetenskapsfiksie Met Elrien Scheepers, Sunel Combrinck en Nadine Petrick Read More »

Wie is die beste Springbok van die moderne era met Dawie Boonzaaier

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Wie is die beste Springbok van die moderne era met Dawie Boonzaaier. Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Hierdie vrae, en soveel meer, word deur ’n gesaghebbende paneel

Wie is die beste Springbok van die moderne era met Dawie Boonzaaier Read More »

Marius Weyers – akteur sonder gelyke met Chris Vorster

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Marius Weyers – akteur sonder gelyke met Chris Vorster. Marius Weyers is waarskynlik een van die bekendste en mees gerespekteerde name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy het homself as ’n akteur sonder gelyke gevestig; plaaslik én internasionaal. Sy veelsydigheid word weerspieël in die meer as 180 verskillende karakters wat hy

Marius Weyers – akteur sonder gelyke met Chris Vorster Read More »

Geheime agter geslote deure met Erla Diedericks en Morné Malan

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Geheime agter geslote deure met Erla Diedericks en Morné Malan. In Erla Diedericks se Salemstraat besef die bure dat hulle die oënskynlik gelukkige paartjie langsaan glad nie geken het nie wanneer ’n man doodgeskiet word deur sy vrou in hul huis in die voorstede. In Morné Malan se nuwe roman,

Geheime agter geslote deure met Erla Diedericks en Morné Malan Read More »

Onder die blik van ’n fiktiewe biograaf met Johann Rossouw en Thys Human

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Onder die blik van ’n fiktiewe biograaf met Johann Rossouw en Thys Human. Met Sluitstuk stel Johann Rossouw ondersoek in na die fassinerende verhouding tussen kreatiewe mentors en hul studente. Dit is ’n aangrypende roman waarin ’n jong man tot sy eie reg kom, ’n elegiese roman oor verlange, verlies,

Onder die blik van ’n fiktiewe biograaf met Johann Rossouw en Thys Human Read More »

Hoekom stotter ons pa’s so met Carla Coetzee, Deon Lamprecht en Johan de Waal

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Hoekom stotter ons pa’s so met Carla Coetzee, Deon Lamprecht en Johan de Waal. Watter soort manlikheid behoort ons na te streef en hoekom bestaan daar ’n term soos toksiese manlikheid? Uitgewer Carla Coetzee gesels met Deon Lamprecht en Johan de Waal, twee mans wat onder andere hul stories aan Anelia Heese

Hoekom stotter ons pa’s so met Carla Coetzee, Deon Lamprecht en Johan de Waal Read More »

Stille waters diepe grond met Madelein Rust en Marie Lotz

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Stille waters diepe grond met Madelein Rust en Marie Lotz. Wat maak fiktiewe moorde so interessant vir lesers en wat dryf skrywers soos Madelein Rust en Marie Lotz om spanningsverhale te skryf?  Marie Lotz, wie se eerste twee krimi’s uitstekend ontvang is, se derde roman, Maalkolk, het pas verskyn. Madelein Rust

Stille waters diepe grond met Madelein Rust en Marie Lotz Read More »

Hoe verklaar jy dit? Met Stefaans Coetzee en Jana Marx

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Hoe verklaar jy dit? Met Stefaans Coetzee en Jana Marx. Jana Marx vertel in Kultusse van Suid-Afrika oor die verskil tussen ’n sekte en ’n kultus, wie word in ’n kultus ingetrek en die kenmerke van ’n kultusleier. Was Stefaans Coetzee betrek in so groep? Stefaans vertel in Onbeskryflike genade van

Hoe verklaar jy dit? Met Stefaans Coetzee en Jana Marx Read More »

Aardklop Langtafel

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Aardklop Langtafel. Kom vir die eerste keer of kom vir die hoeveelste keer – jy kan nie die fees afsluit sonder dié feestelikheid nie. Onder die rustige skadu van reuse-plataanbome dek en versier ons  smaakvol ’n lang tafel, waar ’n heerlike vyfgangmaaltyd aan jou bedien word. Die prys sluit drinkgoed

Aardklop Langtafel Read More »

Jakkals en Berg

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Jakkals en Berg. Ná die jare lange suksesvolle aanbieding van die produksie Jakkals en Leo, met Jakkie Louw en Kevin Leo, is Jakkie terug met nog ’n asemrowende produksie – dié keer saam met die talentvolle sangeres Charlize Berg. Charlize het jare gelede “Angel” saam met Jakkie opgeneem. Die kombinasie

Jakkals en Berg Read More »

Mixtape van die liefde

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Mixtape van die liefde. https://www.youtube.com/watch?v=_OFFuVGSHqEhttps://www.youtube.com/watch?v=xW0hkz82VYY& Mixtape van die liefde, ’n digbundel saamgestel deur Antjie Krog, is ’n mengelmoes van álles wat die liefde is. Dit bevat stemme van uiteenlopende Suid-Afrikaanse digters. Dit strek oor temas, kultuurgroepe en generasies heen, maar uiteindelik word almal van ons omgedolwe, platgetrek óf opgehef deur

Mixtape van die liefde Read More »

’n Akkerboom

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: ’n Akkerboom. ’n Buitengewone en unieke produksie. De Klerk én die gehoor word met elke optrede verras deur wie sy gasspeler (wat nog nie ’n woord van die teks gelees het nie) vir die dag is. ’n Absurde toneelstuk oor verlies en die krag wat in woorde of suggestie opgesluit

’n Akkerboom Read More »

Droomwerk

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Droomwerk. Petrus droom oor sy familie se komplekse verlede: sy stammoeder, Diana van Madagaskar, soek na haar dogter. Sy oupa Piet, ʼn apartheidsenator, is aan die sterf. Konflik, vervreemding en ontnugtering. Kan Petrus vrede vind? Beste drama-teks, ATKV Woordveertjies. Met: Jill Levenberg, Ben Albertyn, Johann Nel, Tyrish Mili, Johann VermaakTeks:

Droomwerk Read More »

Braam en die Engel

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Braam en die Engel. Marietjie de Jongh se geliefde jeugverhaal Braam en die engel is verwerk vir die verhoog as ’n multidissiplinêre en magiese teaterervaring vir die hele gesin. Dis ’n  epiese en boeiende verhaal oor die krag van vriendskap, verbeelding en hoop. ’n Pasaangestelde streeksengel word op ’n missie

Braam en die Engel Read More »

Calling All Dawns

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Calling All Dawns. Calling All Dawns is ’n opwindende en relatief nuwe werk wat die gehoor op ’n reis neem in drie bewegings: dag, nag en dagbreek! Elke beweging spreek tot ’n fase van die lewe, die dood en die wedergeboorte. Die musiek sal jou laat lag, diep delf in

Calling All Dawns Read More »

Zoid: Pitch>Swift

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Zoid: Pitch>Swift<Strum. Die Beeld Ouditorium is die bestemming van die ruimteskip vir Potchefdromers en -stromers op Moeder Aardklop 2023. Zoid landing op 6 Oktober om 19:00. Spring in die water is lekker. Almal welkom. Ons is die skrywers en ons is die verhaal. Ons is die syfers wat die kode vertaal. Met: Karen

Zoid: Pitch>Swift<Strum Read More »

Babalela

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Babalela. Diep, diep in ’n donker bos waar die son net soms deur die takke loer…Diep, diep in ’n donker bos waar die varings welig diepgroen staan…Diep, diep in ’n donker bos in ’n hol boomstomp, net onder ’n blaar…Woon die Babalela! Die eerste gedagte wat by ’n mens opkom

Babalela Read More »

Craft Beer and Street Food

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Craft Beer and Street Food. Boetiekbier is die produk van delikate vakmanskap, gebrou op ’n klein skaal deur onafhanklike brouerye. Dikwels word bestanddele plaaslik verkry en word daar van tradisionele metodes gebruik gemaak. Die eindproduk is baie innoverend as gevolg van kreatiewe geur- en stylkombinasies.   Tydens hierdie geleentheid word boetiekbiere

Craft Beer and Street Food Read More »

RING VAN VUUR

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: RING VAN VUUR. https://www.youtube.com/watch?v=ccBlwkDLDjU& Met hierdie skepping smee Nataniël vyf vlambare elemente saam:  Oorspronklike musiek uit ’n repertoire van meer as drie dekades Splinternuwe verhale Die ritmes en tegnieke van Mexiko, Argentinië, Chili en Peru ’n Witwarm garderobe deur Floris Louw Sewe wêreldklasmusikante 90 minute van hartstog, humor, hitte, virtuositeit

RING VAN VUUR Read More »

Margaretastraat

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Margaretastraat. Jannie du Toit herleef die legendariese liedjie-aande van 1981 en 1982 by Margaretastraat 28, Riverdale, Pretoria. Na dié aande in sy huis word daar sedertdien telkens in proefskrifte, dokumentêre programme en op die verhoog verwys. Lucas Maree vertel byvoorbeeld hoe een besondere liedjie-aand hom geïnspireer het om eensklaps in

Margaretastraat Read More »

Die Boulevard Harmoniste sing: ‘Goosebump a cappella’

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Die Boulevard Harmoniste sing: ‘Goosebump a cappella.’ Ja, jy het reg gelees, ’n uur se a cappella-musiek wat beloof om jou hoendervel te gee. Kom luister na die unieke sesstemmige ensemble waaroor Aardklop-gehore nie kan ophou praat nie. Verwag ’n wye verskeidenheid uit ’n goeie repertoire bestaande uit musiek in

Die Boulevard Harmoniste sing: ‘Goosebump a cappella’ Read More »

Tippie

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Tippie. Suid-Afrika se gunsteling-olifantjie kom kuier uiteindelik op die verhoog by Aardklop! Tippie gaan sorg vir hope vermaak wat die kindermaatjies se tone sommer sal laat krul van die lekkerkry. Saam leer ons meer oor emosies en omgee vir ons maats. Tippie bied vir ons ’n prag-reeks boeke, waar ons

Tippie Read More »

Orkesfees

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Orkesfees. Kom geniet ’n behoorlike fees van orkesklanke en musikale genot! Twee plaaslike orkeste – die Noordwes-Universiteit-simfonieorkes en Noordwes-jeugorkes – en die Rhapsody-orkes uit Bloemfontein gaan elkeen die gehoor vermaak met hul eie unieke en uiteenlopende program. Met soveel verskillende werke, items en orkeste sal dit beslis ’n aand wees

Orkesfees Read More »

Helenè Bester en Jannie Moolman – Nag in die Namib

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Helenè Bester en Jannie Moolman – Nag in die Namib. Helenè Bester en Jannie Moolman span kragte saam om met kontemporêre Afrikaanse musiek gehore te vermaak.  Hierdie twee kunstenaars vermaak gehore met hul goeie sin vir humor en stemme wat mekaar aanvul.  Hul sing die nuwe treffer “Nag in die

Helenè Bester en Jannie Moolman – Nag in die Namib Read More »

Hoerkind

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Hoerkind. Hy word ’n hoerkind genoem. Op ses gaan hy kinderhuis toe. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ’n pedofiel. Alkohol- en dwelmafhanklikheid ry hom. Een aand word hy gyselaar gehou en met ’n mes gesteek. Sy foute is volop, maar hy leer

Hoerkind Read More »

Drie van die bestes

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Drie van die bestes. https://www.youtube.com/watch?v=xW0hkz82VYY ’n Samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede – in een produksie op die verhoog. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a cappella-sang en samesang wat hulle ’n gedugte kombinasie

Drie van die bestes Read More »

Scroll to Top