Babalela

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Babalela.

Diep, diep in ’n donker bos waar die son net soms deur die takke loer…
Diep, diep in ’n donker bos waar die varings welig diepgroen staan…
Diep, diep in ’n donker bos in ’n hol boomstomp, net onder ’n blaar…
Woon die Babalela!

Die eerste gedagte wat by ’n mens opkom wanneer jy Babalela vir die eerste keer ontmoet, is pure pret en hope plesier.

In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ’n dag ’n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ’n reuse-stootskraper. Soos ’n kwaai bul loop die stootskraper ’n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats nie vinnig ’n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!

Met: EnterActive Productions 
Teks: Martie Preller
Verwerking: EnterActive Productions
Komponis/Oorspronklike musiek: Sean Butler, Dulinda Pieters
Regie en ontwerp: Dulinda Pieters
Musiekregie en musiekverwerking: Sean Butler, Dulinda Pieters
Vervaardiger: EnterActive Productions  

Genre: Kinderteater
Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 45 min.
Venue: Girls High 
Datum en tyd: 4 Okt 11:00, 5 Okt 09:00
Kaartjies: R100

Scroll to Top