Duiwel in die roos met Leon van Nierop

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Duiwel in die roos met Leon van Nierop.

’n Orkaan waai die private speurder adjudant Beer Henning letterlik tot op die spogroosplaas Roosbaron in die Laeveld. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek. Dit kan die perfekte moordwapen word. Leon van Nierop vertel in sy nuwe roman Duiwelsroos die storie van Mathilda van Eck in haar rooskastele en van Marnus, haar 17-jarige seun wat onder verdagte omstandighede dood is. Pieter Odendaal gesels met Leon. Aangebied deur Tafelberg. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Leon van Nierop
Gesprekleier: Pieter Odendaal
Aangebied deur: Tafelberg
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 3 Okt 10:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top