Hoe verklaar jy dit? Met Stefaans Coetzee en Jana Marx

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Hoe verklaar jy dit? Met Stefaans Coetzee en Jana Marx.

Jana Marx vertel in Kultusse van Suid-Afrika oor die verskil tussen ’n sekte en ’n kultus, wie word in ’n kultus ingetrek en die kenmerke van ’n kultusleier. Was Stefaans Coetzee betrek in so groep? Stefaans vertel in Onbeskryflike genade van sy donker verlede en hoe hy weier om daarmee geïdentifiseer te word; sy verhaal is een van hunkering na nuwe hoop, van blydskap en genade. Die twee skrywers gesels met mekaar. Aangebied deur Lux Verbi. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Stefaans Coetzee en Jana Marx
Aangebied deur: Lux Verbi
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 3 Okt 12:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top