Momentum Aardklop: Kloppetie-klop-klop!

Dis gewoonlik hierdie tyd van die jaar wat getroue feesgangers begin vra vir meer detail oor wat hulle by vanjaar se fees kan verwag. Dis ook die tyd van die jaar wat ons die aap, toontjie vir toontjie, uit die mou kan laat en ’n paar hoogtepunte bekend maak. Die...

Read More

Klop-klop, Kuns gerus binne!

Hallo daar! Oor bietjie meer as ses maande fees ons almal saam! Om die ervaring van elke feesganger onvergeetlik te maak, gebeur daar baie dinge voor en agter die skerms en ons deel graag van die hoogtepunte met julle hier, in die Maart-uitgawe van Momentum Aardklop Klop Klets. Goeie nuus!...

Read More

Die Kuns van Fees

’n Hartlike Hallo! Kom ons val sommer met die fees in die huis. Hierdie jaar waardeer Aardklop die kuns om te fees. Kreatiwiteit, kultuur, kuier en ’n gevoel van behoort sal seëvier en feesvier waar die Mooirivier, wilgerbome en sale vol liefhebbers van die kunste bymekaar kom. Aardklop 2025 gaan...

Read More

Wenners, wenners, wenners! 🏆🏅 KLOP KLETS, November 2024

Dagsê ’klopper! Net toe jy wil-wil van ons vergeet, maak ons nog vir oulaas in 2024 ’n draai in jou inboks. Ons het nuus – die wenners van vanjaar se Momentum Beleggings Aardklop-toekennings is pas bekend gemaak! En omdat ons van jou hou, laat ons jou sommer eerste weet. Almal...

Read More

Kyk noord en fees voort 🥳 KLOP KLETS, Oktober 2024

Dagsê ’klopper! In die onsterflike woorde van The A-Team se Hannibal: “I love it when a plan comes together.” En vanjaar het die planne weer seepglad bymekaar gekom vir ’n Aardklop-fees wat geloop het soos stroop.Soos een geesdriftige feesganger gesê het: “Julle is die beste in die land. Ek was...

Read More

Vasbyt, min dae! KLOP KLETS, September 2024

Dagsê ’klopper! Ons vingerpunte tintel skoon van opwinding hier op Potch, want nie net is 24 September Nasionale Erfenisdag (ook bekend as Braaidag) nie, dit is ook wanneer Aardklop 2024 begin. Tot 29 September word daar geëet, gekuier, gekyk, gedink, gesels en gekunstefees dat die stof so staan.Vreugde is iets...

Read More

Hol-la-drie-hoo-ha! 🌻 KLOP KLETS, Augustus 2024

Dagsê ’klopper! Jammer oor die oorgeesdriftige uitroepteken (!), maar dit was ’n lang, koue winter en ons is geweldig opgewonde oor die belofte van lente.In die noorde is die dae al warmer, die Augustus-winde is hopelik oorgewaai, en nou wag ons op die somerreën.In die suidelike halfrond is 1 September...

Read More

Is dit ’n lekker afslag op die horison? KLOP KLETS, Julie 2024

Dagsê ’klopper Die enigste ding beter as goeie vermaak, is as jy daardie goeie vermaak teen ’n afslagprys kan bekom.Die span by Aardklop doen elke jaar baie moeite om iets vir almal te bied. Dit sluit ook gesinsvriendelike vermaak in wat vir alle ouderdomme geskik is. ’n Gedeelde teaterervaring is...

Read More

Kan jy dit voel? Hier kom ons . . . KLOP KLETS, Junie 2024

Dagsê ’klopper As jy hier lees, het ons jou ook al laat weet die program is nou amptelik bekendgestel* en jy kan kaartjies koop. Jippie! We’ve come a long way, baby! Net vier jaar gelede het dinge maar duister gelyk. Maar danksy harde werk, deursettingsvermoë en die ondersteuning van borge...

Read More
Scroll to Top