Any Dream Will Do: My pad met Webber

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Any Dream Will Do: My pad met Webber.

André Schwartz se naam is lankal sinoniem met die werk van Andrew Lloyd Webber. Hy het menigte hoofrolle vertolk in Webber-blyspele. Webber het van jongs af ’n impak gehad op André se lewe, reeds as ’n 12-jarige. Later het André se verhouding met Webber hegter en sterker geword, en hierdie interaksie word in die produksie ontgin. Die teks is pittig, maar ook gevul met sterk lewenslesse wat André langs die pad geleer het. Dit is merkwaardig hoe hierdie waarhede weerklank vind in Webber se musiek. Natuurlik is daar altyd iewers ’n kinkel in die kabel. Teatergangers kan uitsien na liedere soos “Music of the Night”, “You Must Love Me”, “Love Changes Everything”, “Memory” en vele ander Webber-treffers. Gehore kan hulle ook verlustig in liedere van Sondheim en Rodgers and Hammerstein, soos onder meer “Send in the Clowns”.  Wie weet – dalk is ons almal narre?

Met: André Schwartz (sanger), Bryan Schimmel (pianis), Mauritz Lotz (kitaar) 
Teks: André Schwartz
Oorspronklike musiek: Andrew Lloyd Webber, Stephen Sondheim, Rodgers and Hammerstein
Regie: Matthew Counihan
Musiekregie en musiekverwerking: Bryan Schimmel
Stel- en beligtingsontwerp: André Schwartz, Matthew Counihan
Visuele elemente: Linzay Coetzee 
Vervaardiger: André Schwartz MMM

Genre: Musiekteater
Taal: Afrikaans, Frans, Nederlands
Gradering: Gesin
Tydsduur: 80 min.
Venue: Totius Saal
Datum en tyd: 3 Okt 19:30, 4 Okt 16:00
Kaartjies: R180, R160 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top