Boeremusiek, RoccoStyl

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Boeremusiek, RoccoStyl.

So klassiek soos ’n gestyselde Voortrekkerkappie en so vars soos ’n melktert uit die oond toor pianis Rocco de Villiers met “boere-classics” in eg RoccoStyl, soos “Die ou waenhuis”, “Koekoewals”, “Hartseerwals”, “Outa in die langpad”, “Kalfiewals”, “Umfaan” en ’n keurspel van Jim Muller. Oudergewoonte saam met Lizelle le Roux op viool en Hansie Roodt jnr. op kitaar kry die melodieë nuwe baadjies met ’n blom op die bors. Die vraag is: Wie gaan die melodika speel?

“Hoe meer ek boeremusiek speel, hoe nader kom dit aan my! Ek het besef dat boeremusiek in Afrikaanse outjies soos ek – wat van die Vrystaatse platteland af kom – se DNS is, amper soos koeksisters!” Rocco wil sy gehoor laat met ’n feesviering van musiek uit ons verlede – hy karring nie te veel aan die kern nie, maar “Outa in die langpad” het nog nooit so tuis gevoel in die 21ste eeu nie!

Met: Rocco de Villiers (klavier), Lizelle le Roux (viool), Hansie Roodt jnr. (kitaar)
Musiekregie en musiekverwerking: Rocco de Villiers
Kostuumontwerp: Hollywood Costumes

Genre: Kontemporêr
Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 90 min.
Venue:  Totius Saal
Datum en tyd: 7 Okt 16:00
Kaartjies: R220, R200 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top