Marion Holm

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Marion Holm.

Dis die klein jakkalsies soos bure, honde en mense wat daagliks Marion Holm se wingerd verniel. Marion wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie… sy systap sonde en stouterds, sy glimlag gedwee en lag luid… sy boks braaf en keer vir seer. Sy praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én -heerlikheid. Kom lag saam oor die chaos en die aanslae… voel dadelik beter oor jou eie kleinighede as Marion lostrek met stories oor flops, foute, vegetariërs en vrouwees. Jy is welkom om nors op te daag, daai bui sal nie lank hou nie.

Met: Marion Holm 
Teks: Marion Holm en Chris Vorster
Regie: Chris Vorster
Vervaardiger: Handyminds

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Gradering: Geen o.10
Tydsduur: 70 min.
Venue: Gimmies
Datum en tyd: 5 Okt 16:30, 6 Okt 20:00, 7 Okt 09:30
Kaartjies: R160, R140 (Aardklop Hartsvriende)

Scroll to Top