Magda Louw

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Magda Louw.

Magda Louw bevind haarself in haar herfsjare op nasionale televisie en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy tog kwytraak as die mikrofoon in haar hand geplaas word? Sal sy die wysheid kan deel wat sy deur die jare geleer het, sonder om te veel gal te braak oor die wreedheid van oudword? Wat is haar siening oor sosiale media, gewig, die plooie op haar décolleté, reis en sommer rys ook? Sal sy die paar kilos kan afskud voor haar optrede en, die belangrikste van alles, hoe de hel gaan sy al haar woorde onthou?

Met: Desiré Gardner
Teks: Desiré Gardner
Regie: Hannes van Wyk
Komponis/Oorspronklike musiek: Bernard Frost
Vervaardiger: Suidoosterfees, Momentum Beleggings Aardklop en Innibos
Moontlik gemaak deur: Suidoosterfees, Momentum Beleggings Aardklop en Innibos

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min.
Gradering: Geen o.14 (T)
Venue: Beeld Ouditorium
Datum en tyd: 5 Okt 19:30, 6 Okt 14:00, 7 Okt 10:00
Kaartjies: R180, R160 (Aardklop Hartsvriende)

Scroll to Top