Margaretastraat

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Margaretastraat.

Jannie du Toit herleef die legendariese liedjie-aande van 1981 en 1982 by Margaretastraat 28, Riverdale, Pretoria. Na dié aande in sy huis word daar sedertdien telkens in proefskrifte, dokumentêre programme en op die verhoog verwys. Lucas Maree vertel byvoorbeeld hoe een besondere liedjie-aand hom geïnspireer het om eensklaps in Afrikaans te begin skryf en sing. 

Jannie gesels oor daardie ikoniese tydperk vanaf die einde sewentigs se “Musiek en liriek” en daarna. Hy kleur die verhaal in met die musiek van die liedjie-aande: staatmakers Koos Doep, Lucas, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Janita Claassen, Marietjie Stoop asook ’n paar minder bekende sangers en teksskrywers. Andy Lubbe, wat die liedjie-aande saam met Jannie begin het, en hulle sewentigs-folkgroep, Trilogie, was ook gereelde bydraers. Hy sing liedjies – ook van sy eie – wat dikwels vir die eerste keer by Margaretastraat 28 gehoor is en gee perspektief op die rolspelers en die bydraes wat hulle gelewer het. 

Met: Jannie du Toit (sang en kitaar), Chanie Jonker (klavier en akkordeon)
Oorspronklike teks en musiek: Jannie du Toit, Koos du Plessis, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Marietjie Stoop, Janita Claassen
Musiekregie en vervaardiger: Jannie du Toit
Debuut

Genre: Kontemporêr
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 80 min.
Gradering: Gesin
Venue: Konservatorium
Datum en tyd: 4 Okt 13:00, 5 Okt 10:00
Kaartjies: R160, R140 (Aardklop Harstvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top