Goed wat wag om te gebeur

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Goed wat wag om te gebeur.

Hendrik keer vir die eerste keer in 15 jaar terug na sy ouerhuis. Die huis is verlate en hy besluit om in die donker kelder – waar hy sy kinderdae deurgebring het – te wag. Die kelder is leeg, maar die familie se geheime en geskiedenis hang in die lug, lê begrawe in die huis se fondamente. Hy speel met Lego, drink, en wag. Drie figure sweef in en uit – sy verharde suster, sy tenger ma, sy lewenslustige meisie. Soos hy al dieper in die bottel kyk, herrys spoke van geweld, verwyte en verslawing. Hy wag vir iets om te gebeur. Of iemand om hom te vind. 

Met: Antoinette Kellermann, Gideon Lombard, Emma Kotze
Teks: Philip Rademeyer (na Rademeyer se The Graveyard)  
Regie en stelontwerp: Philip Rademeyer  
Beligtingsontwerp: Andi Colombo
Verhoog- en produksiebestuurder: Amber Fox-Martin
Vervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop en Toyota US Woordfees
Moontlik gemaak deur: NATi
Debuut

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Gradering: Geen o.16 (T/G) Waarskuwing: geslagsgeweld
Tydsduur: 75 min.
Venue: Gimmies
Datum en tyd: 3 Okt 09:30, 4 Okt 20:00, 5 Okt 09:30, 6 Okt 13:00
Kaartjies: R190, R170 (Aardklop Hartsvriende)

Scroll to Top