Braam en die Engel

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Braam en die Engel.

Marietjie de Jongh se geliefde jeugverhaal Braam en die engel is verwerk vir die verhoog as ’n multidissiplinêre en magiese teaterervaring vir die hele gesin. Dis ’n  epiese en boeiende verhaal oor die krag van vriendskap, verbeelding en hoop. ’n Pasaangestelde streeksengel word op ’n missie gestuur om te keer dat die inwoners van Wale van ellende vergaan. In Wale ontmoet hy vir Braam en saam vertrek die twee op ’n reis wat hulle deur talle dorpe met verskillende uitdagings neem.

Met: Joanie Combrink, De Klerk Oelofse, Rehane Abrahams, Shaun Oelf 
Teks: Kanya Viljoen, geskoei op die gelyknamige jeugroman van Marietjie de Jongh
Komponis/Oorspronklike musiek: Franco Prinsloo
Regie: Nico Scheepers
Choreografie: Grant van Ster
Rekwisiete en poppe: Nico Scheepers, Nell van der Merwe
Stel-, kostuum- en beligtingsontwerp: Nico Scheepers, Nell van der Merwe
Vervaardiger: KKNK namens Momentum Beleggings Aardklop
Moontlik gemaak deur: AK21, NATi, Momentum Beleggings Aardklop
Debuut

Genre: Drama, Multidissiplinêr
Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 75 min.
Venue: Elgro Hotelsaal
Datum en tyd: 3 Okt 18:00, 4 Okt 14:30, 5 Okt 13:30, 18:00, 6 Okt 9:30
Kaartjies: R200, R180 (Aardklop Hartsvriende

Scroll to Top