Calling All Dawns

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Calling All Dawns.

Calling All Dawns is ’n opwindende en relatief nuwe werk wat die gehoor op ’n reis neem in drie bewegings: dag, nag en dagbreek! Elke beweging spreek tot ’n fase van die lewe, die dood en die wedergeboorte. Die musiek sal jou laat lag, diep delf in jou denke en ja, dalk selfs hartseer maak, maar daar is altyd hoop en triomf aan die einde van die reis! Hierdie konsert met die NWU-simfonieorkes, Noordwes-jeugorkes, die Rhapsody-orkes en verskeie kore van Potchefstroom word moontlik gemaak deur NWU Kunste.

Met: NWU-simfonieorkes, Noordwes-jeugorkes, Rhapsody-orkes en verskeie kore van Potchefstroom
Komponis/Oorspronklike musiek: Verskeie
Musiekregie: André Oosthuizen (dirigent)
Vervaardiger: NWU Kunste
Debuut

Genre: Klassiek
Taal: Verskeie
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min.
Venue: Ouditorium 
Datum en tyd: 8 Okt. 15:00
Kaartjies: R140, R120 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top