Jakkals en Berg

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Jakkals en Berg.

Ná die jare lange suksesvolle aanbieding van die produksie Jakkals en Leo, met Jakkie Louw en Kevin Leo, is Jakkie terug met nog ’n asemrowende produksie – dié keer saam met die talentvolle sangeres Charlize Berg. Charlize het jare gelede “Angel” saam met Jakkie opgeneem. Die kombinasie werk perfek. Jakkals en Berg bestaan uit pragtige duette met Jakkie se rasperstem en Charlize se suiwer tenoorstem. Van die wêreld se mooiste duette kan verwag word, insluitend “ ’n Liedjie vir jou”, “More Than words”, “Shallow” en ’n ietsie van Queen. Hierdie produksie beloof om daardie “wow”-faktor te hê, wat gewoonlik ’n feesganger se hoogtepunt is. Buiten vir die pragtige kombinasie van hierdie twee stemme, bied hulle as kunstenaars ook besondere vermaak.  

Met: Jakkie Louw, Charlize Berg
Teks: Jakkie Louw
Oorspronklike musiek: Jakkie Louw, Charlize Berg en verskeie ander
Musiekregie en musiekverwerking: Jakkie Louw 

Genre: Kontemporêr
Taal: Afrikaans, Engels
Gradering: Gesin
Tydsduur: 75 min.
Venue: Totius Saal
Datum en tyd: 4 Okt 13:00; 5 Okt 16:00, 6 Okt 19:30
Kaartjies: R160, R140 (Aardklop Hartsvriende, Pensioenarisse)

Scroll to Top