Bloed vertel ’n storie met Hestelle van Staden

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Bloed vertel ’n storie met Hestelle van Staden.

Outopsie bied ’n blik op die lewe van ’n forensiese patoloog. Hestelle van Staden sien byna daagliks die skadukant van die mens. Sy het al meer as 7 000 outopsies behartig, waarvan die meerderheid mense aan onnatuurlike oorsake oorlede is. In hierdie boek werp sy lig op nege lykskouings. Daar is die tragiese storie van baba Letitia Meyer wie se ma volgehou het sy het bloot uit ’n stootwaentjie geval…, die moord op die bekende musikant Lucky Dube en die outopsie van ’n jong, swanger vrou wie se dood medici laat kopkrap het. Nadine Petrick gesels met haar oor die uitdagings wat met haar werk gepaardgaan. Aangebied deur Tafelberg. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Hestelle van Staden
Gesprekleier: Nadine Petrick
Aangebied deur: Tafelberg
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 5 Okt 12:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top