Kies die lewe – van vrees na vrede met Madelein Rust en Ivor Swartz

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Kies die lewe – van vrees na vrede met Madelein Rust en Ivor Swartz.

As jy met ’n terminale siekte gediagnoseer is, het jy twee keuses: Bly lê of jy staan op en leef. In Van vrees na vrede ondersoek Madelein Rust hoe om te leef, sy trek as’t ware die dood se angel, vir haarself, maar ook vir die siek persoon en hul geliefdes. Ivor Swartz is ’n depressielyer wat die lewe kies. Ivor kyk na sy eie depressie en pleit dat ons geen mens oordeel vir wat hulle in die donkerste oomblikke gekies het nie. In Kies die lewe gesels hy oor depressie onder tieners en reik ’n sagte hand uit na ouers wat ’n kind aan selfdood verloor het. Ivor gee nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun. Die twee skrywers gesels met mekaar. Aangebied deur Lux Verbi. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Madelein Rust en Ivor Swartz
Aangebied deur: Lux Verbi
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 5 Okt 13:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top