Geheime agter geslote deure met Erla Diedericks en Morné Malan

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Geheime agter geslote deure met Erla Diedericks en Morné Malan.

In Erla Diedericks se Salemstraat besef die bure dat hulle die oënskynlik gelukkige paartjie langsaan glad nie geken het nie wanneer ’n man doodgeskiet word deur sy vrou in hul huis in die voorstede. In Morné Malan se nuwe roman, Minder as water, besluit die regering om ’n reuse- nuwe dam in die omgewing van Bitterwater te bou, en die vergete mense van hierdie vergete plek moet ontruim word voor die waters kom. Cheslin Fielies, pas oorgeplaas van die Kaapse Vlakte, word betrek en gou kom hy agter daar lê geheime verberg in hierdie klein gemeenskap, geheime wat deur die waters weggespoel gaan word. Dié twee skrywers gesels met mekaar en met Nadine Petrick oor die geheime wat altyd onder die oppervlak van hegte gemeenskappe broei en wat ’n mens daarmee kan doen as jy ’n romanskrywer is. Aangebied deur Lapa en Penguin. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Erla Diedericks en Morné Malan
Gesprekleier: Nadine Petrick
Aangebied deur: Lapa en Penguin Random House
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 6 Okt 12:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top