Onder die blik van ’n fiktiewe biograaf met Johann Rossouw en Thys Human

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Onder die blik van ’n fiktiewe biograaf met Johann Rossouw en Thys Human.

Met Sluitstuk stel Johann Rossouw ondersoek in na die fassinerende verhouding tussen kreatiewe mentors en hul studente. Dit is ’n aangrypende roman waarin ’n jong man tot sy eie reg kom, ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf. Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans 30 jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het. Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag. Thys Human gesels met Johann. Aangebied deur Umuzi. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Johann Rossouw
Gesprekleier: Thys Human
Aangebied deur: Umuzi
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 6 Okt 13:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top