Marius Weyers – akteur sonder gelyke met Chris Vorster

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Marius Weyers – akteur sonder gelyke met Chris Vorster.

Marius Weyers is waarskynlik een van die bekendste en mees gerespekteerde name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy het homself as ’n akteur sonder gelyke gevestig; plaaslik én internasionaal. Sy veelsydigheid word weerspieël in die meer as 180 verskillende karakters wat hy vertolk het en in die meer as 50 rolprente en televisiereekse waarin hy sedert 1964 gespeel het. Marion Holm gesels met die biograaf en mede-akteur Chris Vorster. Aangebied deur Protea. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Chris Vorster
Gesprekleier: Marion Holm
Aangebied deur: Protea
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 7 Okt 12:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top