Wie is die beste Springbok van die moderne era met Dawie Boonzaaier

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Wie is die beste Springbok van die moderne era met Dawie Boonzaaier.

Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Hierdie vrae, en soveel meer, word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers beantwoord in die boek Rapport: 30 beste Bokke. Van die land se top-rugbyskrywers bied onderhoude, interessante statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Daarby word die beste en grootste oorwinnings in Bok-rugby gelys, die Suid-Afrikaanse taktiese innovering word ontleed, en ’n beste Springbok-vyftiental word aangewys. Aangebied deur Tafelberg. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Dawie Boonzaaier en Wynand Claassen
Aangebied deur: Tafelberg
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 7 Okt 13:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top