Sigbaar of onsigbaar met Tom Dreyer en Pieter Odendaal

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Sigbaar of onsigbaar met Tom Dreyer en Pieter Odendaal.

Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en evokatief in reisgedigte uitgebeeld in Tom Dreyer se bundel Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Pieter Odendaal verken in Ontaard die onsigbaarheid van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde. Waar kom ons vandaan? Waar behoort ons? En waar gaan ons heen as ons van die aarde ontwortel word? Die twee digters gesels met mekaar. Aangebied deur Tafelberg en Kwela. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Tom Dreyer en Pieter Odendaal
Aangebied deur: Tafelberg en Kwela
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 3 Okt 16:30
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top