Vriendskap wat die tyd deurstaan met Marita van der Vyver

Momentum Beleggings Aardklop bied aan: Vriendskap wat die tyd deurstaan met Marita van der Vyver.

Marita van der Vyver kuier in Suid-Afrika om haar jongste roman bekend te stel. Laaste kans is die opvolg van die gewilde Wegkomkans, maar nuwe lesers sal net soveel genot put uit hierdie verhaal. ’n Groep vriende kom die eerste keer in 25 jaar bymekaar om Adriaan se 70ste verjaarsdag te vier. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel toeroep; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie. Irna van Zyl gesels met Marita. Aangebied deur Tafelberg. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

Met: Marita van der Vyver
Gesprekleier: Irna van Zyl
Aangebied deur: Tafelberg
Moontlik gemaak deur: LW Hiemstra Trust, ATKV

Taal: Afrikaans
Gradering: Gesin
Tydsduur: 60 min. 
Venue: The Roots Sonkamer
Datum en tyd: 3 Okt 15:00
Kaartjies: Gratis

Scroll to Top